Om dankie te sê.

(fotos:Google Images)551f298f4227817a51a5961ed6cbf613

Hierdie lyk dalk nie soos dankie sê nie… Dit is.

As jy alleen oorsee is, en die finansies is in ñ toestand, en jy verlang, en jou gesondheid neuk, en jy verlang. O, ek het dit al gesê.

En dan klim jou manlief op ñ vliegtuig en kom help. Dit is dán dat jy jou kop vashou en dankie sê.

Dankie dat jy nie alleen in die ding is nie. Dankie dat jou man jou uitroep hoor.

En bowenal. Dankie dat jou God jou raakvoel.

Ek het gedink dat ek en Bertus vir ñ week lank net ontbyt gaan kan eet. Want dit is ingesluit in die verblyf.

En in die see swem. Want dit is verniet.

Op die strand lê. Tot ons weer ontbyt kan eet.

Want sien, aankope geld is ñ ingewikkelde komponent. Jy moet kontant betaal, terug vlieg Suid Afrika toe, en twee maande later is dit in die winkel. So. Jou gelde is in ‘transit’.

Nou. Jy sien te veel items raak, en als voel noodsaaklik. 

Gevolg. Geld is op. Maar…

Iewers in hierdie oefening, eintlik die hele tyd, weet jy. Jy en jou finansies is totaal van God afhanklik. Soos maar nog altyd.

Jy sit nou wel met maagsere, jou gestel is opgedons omdat jou lyf nie saam met jou geloof werk nie. 5cb38487494ddebcb5be2b41b1bfa47e

En al is jy ouer, al is jy onvolmaak. Al is jy feilbaar en kwesbaar, en ‘worry’ jy en probeer jy dinge self regmaak.

Vir Hom, bly jy Sy kind. Hy sal ñ pad oopmaak. Al voel dit soms te laat. Maar soos met Lazarus. Hy sal opdaag.

Nadat ons by die diepkant ingespring het. Bertus sy kaartjie gekoop het. Ek myself voorberei het op ñ dieët-volle week saam met my man.

Nadat.

Bestel ñ kliënt iets, iets groot. En betaal onmiddelik die geld in.

0067mld-houses-on-stilts

So ja.

Al is ons almal se huise nie op sterk fondamente gebou van die begin af nie.

Hy bly Hy.

Alomteenwoordig. Alwetend.

En altyd net ñ asemteug ver.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

29 thoughts on “Om dankie te sê.”

  1. Liefde-dis hoe ek jou man se daad beskryf.
    Fantasties, ongelooflik, in beheer! Dis hoe ek God beskryf. Our God is an awesome God! Halleluja. Aan Hom wat in staat is om baie meer te kan doen as wat ons kan dink of droom, kom die eer toe!

    Liked by 1 person

  2. En by the way, eet steeds net ontbyt, gebruik daai ekstra geld en KOOP!! Jy kan weer eet as jy by die huis is! Sê Toortsie wat verslaaf is aan eet. Moenie vir haar luister nie sy gee swak raad!
    En as ek so aanhou babbel, lees: Jongie, ek is sooo opgewonde vir jou!

    Liked by 1 person

      1. The translater is a bit tricky – I’m new to this, but I try to pull out words and phrases that convey your meaning. Have you tried copying your words into the google translator to see how they come out in English?

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s