So ñ groot voorreg.

IMG_9206

Ek sal dit nooit net as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit bly ñ geskenk van God af. Sal altyd wees. So op my knieë sal ek weer en weer gaan. Nie net in die goeie tye nie, maar ook in my dale van doodskaduwee.

Ek het nou-nou hier aangekom. ñ Piepklein baai met deurskynende water en restaurantjies oral op die strand.

ñ Vissersdorpie, en elke eetplek glo hy bied die beste vis. Eiland musiek speel reeds buite, en hier en daar sit mense om ñ tafeltjie, hul tone lekker in die nat sand ingewriemel.

Bertus land oor ñ paar ure, en intussen het ek gou ons stempel op ons plekkie afgedruk. Eintlik ñ villa, maar nie die ‘grênd’ soort nie, hoor. Gebou op drie vlakke, met ons eie tuin en buite badkamer.

IMG_9210

Hulle noem dit ñ pondok.

IMG_9214

Ons gaan vyf nagte hier bly, en dan die lang vliegrit terug Suid-Afrika toe aanpak. Maar tot dan, salige, lui, warm seewater-dae. Steeds met ñ hart wat oorloop van dankbaarheid.

Ook een wat na die kleinmensies verlang; na warm kinderlyfies en ouma-drukkies.

Al is jy waar in die wêreld, selfs op ñ afgeleë eiland ure en ure die see in. Jou hart bly dink aan jou lief-mense. En jy doen wat jy kan om hulle veiligheid en vrede te verseker.

Jy kry ñ stilword hoekie. En jy praat met jou God.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

26 thoughts on “So ñ groot voorreg.”

  1. Geniet elke oomblik in jou stilword hoekie en moenie dat die verlange na dit wat by die huis is, jou stilte tyd, wat jy nou kan geniet in die gesleskap van God, kom roof nie.
    Ek dink jy is geregtig om so bietjie selfsugtig te wees met jou Bertus aan jou sy. Ek het weereens die naweek, toe ons in die Kaap gaan oppak het, besef dat tyd saam met my lewensmaat huidiglik van die kosbaarste tye vir my is, net ek en net hy…

    Liked by 4 people

    1. Bertus het glo twee bottels wyn ingepak, net vir my. Want die wyn hier is R 230 vir gewone Suid Afrikaanse R50 bottels. Hul eie make is baie sleg. Ek sien so hierna uit. Ons is deur ń rowwe 2016, en moet net weer by mekaar uitkom. Rustig en in ons eie ‘liefdes taal.” Glo ek sien jou as ek terug is.

      Liked by 2 people

    1. Bertus sê baie dankie vir die kompliment. Hierdie was ń heerlike dag, Danie. Een vol swem, stap eet en saam lag. Ons het dit bitter nodig, want terug by die huis gaan dit soms rof. Werk. Verantwoordelikhede. En getroude kinders se probleme! Laasgenoemde is die een wat die vermoë het om my te breek.

      Like

  2. As ek my oe toemaak sien ek daai strandjie met sononder. Hahaha, herinner my ook aan my duurste ete rekening in my Bali-tyd. Geniet elke oomblik van hierdie saam tydjie. Se vir Bertus hy is baie oulik om vir jou wyn saam te bring. Baie oulik.

    Liked by 1 person

    1. Dis nou 4 uur hier. Heeldag in die see geswem. Die water is louwarm, eintlik tè warm. My eerste bottel wyn is driekwart leeg. En nie net omdat manlief hier is nie. Kinders. ‘Need I say more.’ Eens hulle volwasse is, is dit flippen bitter baie moeiliker!

      Like

  3. Both things are good … To get away and relax and time to meditate and connect with God and think big thoughts and make plans and read books and swim … then back to be with loved ones and busy-ness and life craziness.
    We are thankful to have all of our family close by. We have many friends with family members scattered through-out the world – but at least they have Skype now – but pretty hard to share hugs that way!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s