Eendag lank lank gelede. Baie, baie lank…

IMG_9475

Het ons ooit só gelyk?

Twee dae na mekaar het my man my laat stap. Regtig laat stap. Vir ure aaneen. As ek nou sit en kyk wat hy alles afgeneem het, het hy dalk gehoop ons kan terug stap tot in die vérre verlede? Soos die liedjie sê, toe ons jonk was…

Op een stadium was ons deel van ñ huweliks seremonie. Terwyl ons so geloop en menings uitgeruil het oor die verskil in kulture, was hulle daar. Prentjie mooi en dolverlief. In hul eie wêreld.

IMG_9311

Stap het sy voordele. Behalwe dat jy die oggend se heerlike ontbyt bietjie verbrand, stap jy tussen mense se lewens rond. Tussen. Nie binne-in.

IMG_9384

Jy dink jou eie stories oor hulle. Reg of verkeerd. Maar dis jóú stories. Jy trek hulle tot binne jou verwysings raamwerk, en dan stap jy weer aan.

IMG_9529

 

Ek wonder oor Jesus. Met Sy sandale aan Sy voete het Hy gestap. Direk na mense toe. Binne-in hul lewens, hul siele in. En dan, as Hy aanbeweeg, het hulle gevolg. Want Sy weet oor hul wese, was diè van volmaakte kennis. Die lig in Sy oë het regdeur die skanse gesien.

Sý verwysings raamwerk was een van volmaaktheid.

simon-dewey-living-water

So ja, ons het twee dae lank gestap. Ons het oor mense gesels. Ons het mekaar geterg en gelag en hande vasgehou.

Maar tussen dit alles deur, weet ons. Ons stap is nie alleen nie.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

17 thoughts on “Eendag lank lank gelede. Baie, baie lank…”

  1. Dis die mooi van ouer word… die waardering van mooi sonder om mens self te verloor of verontag daarin.
    Een ding is seker – jy het ‘n gawe. Om my van bikini’s na sandale te vat in een seemingly effortless skrywe. Die satiris in my wil sê jy het darem by een tema gehou: “The 2-piece” (Bikini, bruidspaar, sandale). Die gelowige dank die Hemel vir daardie voetspore…

    Liked by 1 person

    1. Dit was nogal gewaagd om die fotos saam in een skrywe te sit. Soms vaar so ń waaggier my binne, en dan hou ek maar asem op. Ek hou van jou ‘2-piece’ afleiding. Kopbeen het saam in my tas ingekom, laat weet as jy op ń dag deurkom. Wil seker maak ek werk self.

      Like

      1. Ek hou van die waaggier. Dis die tipe ding wat mens laat sê “hokaai”… “wat???”… “aha!” – ek sal nooit weer dieselfde na ‘n bikini kan kyk nie 🙄 Daai kopbeen kannie wag om my te ontmoet nie 😀

        Liked by 1 person

      2. Nou kry ek tyd om met jou te gesels. Wou eintlik die volgende verduidelik. Ek het in charismatiese kerke grootgeword, met baie streng reëls. En baie dinge wat baie taboe was. Maar dit wat ons geleer is, sal ek altyd voor dankbaar wees. Soos ons ouer word, besef mens dat baie van dit wat jy geleer is, ander weerhou om ń keuse vir Christenskap en Jesus te maak. Want dit voel en lyk en klink asof jou lewe een boring pad gaan raak. My en Bertus se keuse het praktiese uitleef van waarin ons glo, geword. Daarom dat ek baie keer my geloof intrek by wêreldse situasies. Dis vir ons heerlik om ń verhouding met God te hê, maar ook dood normale mens te wees. Ek moes nie die woord ‘waag’ gebruik het nie. Ek wil net graag wys dat Jesus nie Sy hart wegdraai van die wêreld af nie. Hy wil veel liewer jou hart binne-in die wêreld verower en dan saam met jou stap. Maak ek bietjie sin?

        Liked by 1 person

  2. Vriendin, dis waar wat jou blogvriende sê. Hierdie eenvoudige oorloop / In smelt in die mens se hart tot binne Jesus se onvoorwaardelike teenwoordigheid

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s