Lig.

(skildery:Google Images)ce86ae6902661d7fa973aa0e4e5fc412

Wanneer is lig tè lig. Of te donker.

Ek en Bertus het vandag, onder andere, vir ons sitkamer ñ lig gaan soek. Ek wil kleur, Bert wil lig.

IMG_9731

Laatmiddag land ons weer langs die strand by ñ eetplek, en ek merk nog ñ lig op. ñ Helder een.

Natuurlik ook meer helder omdat dit skemer raak.

Die mensdom stap verby, elkeen besig met sy eie lewe. Maar soos die son begin sak, beweeg almal nader aan die verligte eetplekke.

IMG_9402

Die lewe gaan steeds aan. Dit woel en lag om ons op die strand.Die bootjies begin inkom, die musiek begin speel.

En die ‘lig’ raak weg.

IMG_9242

Ek hou van die donker. Was nooit ñ bang kind nie. Donker kan rustig wees. Bekend wees. Selfs ‘cozy’ wees.

As die lig dan aangeskakel word, en jy verkies kleur bo helder, is dit soms nie lekker nie. Moet jy ‘binne-toe’ kyk om te sien. Om uit te vind hoekom die lig tè lig voel.

Moet jy luister na jou hart en dan ñ besluit neem. Skakel jy die lig wat te lig is net af.

Of soek jy na ñ antwoord.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “Lig.”

  1. Ek lees en verstaan nie, ek lees en verstaan nie. Nou het jy my lekker deurmekaar. Die regte egte Lig kan jy nooit afskakel nie. So dit is ‘n ander lig? Iets wat pla? Dan moet jy die regte “Lig” vra vir die “klein lig” se dinge en die antwoord vat en stap. Miskien is ek heel op die verkeerde pad, maar dis ok, ek hou dop om te sien wat is die ander se kommentaar.

    Liked by 1 person

  2. Beautiful Painting of the girls on the beach the watery reflections! And all your photo are very nice! My favourites are the Group of People on the Beach and the lovely shot of the Boat on the Ocean with the waves breaking in the foreground.

    Liked by 1 person

    1. Michael, I am struggling to help our three daughters get through a very difficult time. But that also means that emotions are very fragile. And at the moment, I do not have the strength for this. But. I am their mom, and they are my life. So.

      Liked by 1 person

      1. So then you are actually more “Heavy-Hearted” – I will pray for your situation and specifically that you and family be surrounded and in-filled with God’s peace and grace. My wife is a mom as well and is always concerned for the the well-being of our children. She prays a lot.

        Liked by 1 person

  3. Ek is ook een van die wat glad nie bang is vir die donker nie – inteendeel dit moet stikdonker wees as ek slaap, anders skakel ek nie af nie. Maar ek hou van die simboliek wat jy hier in hierdie skrywe gebruik. Dit is baie mooi verwoord en dit sit mens nogal aan die dink. Het jy en Bertus toe “julle lig” vir die huis gekry?? Hierdie Bali van jou lyk rerig vir my ‘n moet ek dink die mense het die kuyns vervolmaak om te leef en nie net te oorleef nie.

    Liked by 1 person

  4. Dis nou net jy daai om die belangrike lig nie af te neem nie. Dis wonderlik om helder lig te he as jy wil lees of naaldwerk doen, maar vir sommer leef of kuier kan dit maar dof wees, kleurvol.
    Donker is ook nie vir my n bang ding nie. Nog nooit.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s