ñ Geheime begeerte.

(fotos:Google Images)1280x720-IrT

Ek sou wou sing. Ek sou ñ kitaar kon optel en begin speel. ñ Liedjie neurie en die musiek-note daaraan koppel. Ja, as ek maar kon, sou ek wou sing.

72544e5c623f5b3652654a66b67a7c51

Om iewers rond te stap, en dan note by jou gevoel te kan plaas. Dit moet bevrydend wees. “Intoxicating”. Om nie om te gee of iemand luister nie. Om in daardie ‘plek’ te land waar wat jy wil sê, in musiek weergegee word.

Ons het gisteraand tot twaalf uur by ñ Irish Pub gesit en na ñ Rock band luister. Nie heeltemal my smaak nie, maar met ñ man wat van Scorpion hou, eintlik enige musiek waardeer, sê jy ja vir sulke aande.

IMG_0065

Dit was heerlik. Ons twee se ore het wel op ñ stadium begin pyn, so vanoggend doen ons die vingertaal ding…Nee, ek jok. Dit was ñ ondervinding en ñ half. En ek het weer besef dat ek jaloers is op die uitleef van so ñ passie. Om jouself in musiek te verloor.

En ja, hulle lyk dalk rof. Hul t-hemde se prentjies laat jou wonder. Maar as die eerste note lostrek, kan ek maar net sag in myself sê.

Sjoe Here. Soveel talent in een lyf, in een stem?

Wow.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “ñ Geheime begeerte.”

  1. Moet se, ek dink ook dis wonderlik om jou hart in note te laat praat. Wat n ontlading plek. Stem saam met daardie geheime begeerte. Nog een is skilder…..
    Om dit wat jou binnemens sien en beleef, te kan weergee op n doek.

    Liked by 1 person

  2. Pragtig. Ek het iets gelees wat my baie laat dink het….don’t let your salary become the bribe the world pays you to forget your dreams.. Baie mense kom nooit by hulle droom uit nie, want die wêreld sal ons besig hou as ons hom ‘n “gap” gee.

    Liked by 1 person

  3. My geheime begeerte was om agter ‘n klavier te kon inskuif en dan soos my dogter te kan speel – ek wou dit van kindsbeen afgedoen het, en het toe as volwasse probeer, maar kon dit net nie baasraak nie.

    En weer as kind wou ek baie graag ‘n Veearts gewees het, maar is hopeloos te onnosel daarvoor – het nog nooit die moed gehad om vir my dogter dit te sê nie, want sy kry so kramp op haar gesig as mense vir my sê, “oe my kindjie wil ook ‘n Veearts word’ – omdat hulle dink hulle gaan hondjies en katjies vryf vir 8 jr, om dan te kan sê, ek is ‘n Veeaarts.
    Sy reken mense weet nie waarvan hulle praat nie, sy het haarself oor ‘n mik geswot, geen sosiale lewe gehad nie en is nou 30 en nogsteeds sonder ‘n sosiale lewe, omdat sy onmenslike lang ure werk en meeste van die naweke ook.

    Ja, maar ek het ook sulke geheime begeertes as jong en ouvrou gehad, wat ek net hier sal noem – toe gee die Here vir my altwee in die vorm van my dogter, en ek geniet dus haar beroep deur haar dop te hou, en verdiep my in die klanke van haar klavier die oomblik as sy agter dit inskuif en dan haar eie pyn deur die klawers van haar klavier te probeer verwoord.

    Like

      1. Nee wat, ek sou nie myself as ‘musikaal’ bestempel nie (ek kan wel note lees en hoor, maar die instrument bespeling is my achilles heel). Maar ek weet ek het ‘n paar mooi talente by die Skepper gekry. Ek weet net nog nie aldag wat dit is wat Hy wil hê ek daarmee moet doen nie of wanneer ons (dis nou Hy en ek) iets daarmee gaan bereik (en of Hy voel dat ek noodwendig iets moet bereik daarmee).

        Liked by 1 person

  4. In graad 1 het die juffrou vir my gese ek het ‘n pragtige sopraan stemmetjie. Ongelukkig het my stem gebreek (en my vermoe om noot te hou). Maar el so ‘n bietjie van ‘n stage personality alhoewel ek nooit op ‘n stage is nie – so ek kan die Milli Vanilli ding doen. Maak asof ek ‘n musikant is.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s