NIE vir die sensitiewe leser!

(fotos:Google Images)Ibu Oka Warung Babi Guling  (Bali)

Suckling Pig. Hierdie keer het ek onthou om Wayan bietjie uit te vra oor Bali se geliefkooste Babi Guling. Ons het in Ubud by ñ Warung gestop, iets soos ñ kafee-restaurant, waar hulle net Suckling Pig aanbied.

Die klein varkies, sodra hulle ñ sekere gewig bereik, word vir twee ure, vroeg oggend, oor die kole gaargemaak. By iemand se huis.

suckling-pig-2

Van agt uur tot so twee uur, kan jy dan diè vars varkies eet. Hulle moet nog aan die speen suip. Hoekom Wayan? Want dan is hulle nog ‘skoon’ van binne.

Geen vleis word vir die volgende dag gebêre nie. Vars, elke oggend.

(Res van die fotos:Una)

Hierdie is die Warung waar ons altyd kom eet. Skoon, heerlike kos. Die volgende foto is van Wayan, aan die linkerkant, terwyl ons wag vir ons borde.

Dit is heerlik sappig. Sag. Jy kry jou gebruiklike bak rys saam, met ñ bakkie piesangblaar sop.

Suckling Pig. Nog ‘skoon van binne’. Vars elke dag. Gereed vir sy doel op aarde.

Nee, hier kom nie ñ preek nie. Ek los dit maar net daar.

Maar ek moet net iets byvoeg…Dankie ons Vader, dat ons in ons onvolmaaktheid ook ons doel op aarde kan uitleef. Al is ons stukkend en gebroke. U maak ons rein, selfs al is ons hoé oud. Dit is nooit ooit te laat nie.

xxx

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “NIE vir die sensitiewe leser!”

      1. ☺ Die varkies is so lekker, jy gooi net bietjie rys op die gesiggie…Genade, nou klink ek baie wreed. “If in Rome, do as…”.
        Net Ek gaan my kruisig.

        Like

  1. Ek moet egter by-bieg : Slegs ouens wat WARM WARM WARM kosse kan eet, kan aan die eksotoiese dis deelneem. Ek is dus uit . . . Soos Wayan in sy gebroke Engels vir my sê “You not able to eating without spicy” . . . wat verstaan die leser nie ?? Ek moes dus in winter-mode in gaan, en “sop” en groente doen !

    Liked by 1 person

  2. Ek is duidelik nie sensitief nie, want my mond water nou vir daardie spicy varkie. Piesangblaarsop? Nog nooit van gehoor nie en nou gaan ek eers navorsing doen op google – ek moet die resep kry, want piesangblare het ons meer as genoeg.

    Liked by 1 person

    1. Toortsie, alles in Bali se hoof bestanddeel is chillies. Eintlik in die hele Suid-Oos Asië. Hulle verstaan nie van kosmaak daarsonder nie. Die iemand sonder naam is my man Bertus. Hy kry swaar daar, moet maar by afgewaterde hoender soppe bly. Maar ek kry hom geleer, so hy vorder. Dit is hoekom mens altyd rys eenlkant kry. Basmati of Jasmine. Sonder sout. Na elke hap “spicy”, neem jy ń hap rys. Dit neutraliseer die brand dadelik.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s