As ek vir een ding kan vra.

(fotos:Google Images)wood-carving-furniture-indonesia-tool-set-up

Net een ding. Wat sal dit wees?

Wat sal my lewe 100% kan beinvloed?

Na ñ heerlike kuier saam met my jonger skoonsus vanmiddag; nadat ons baie vêr draaie gaan loop het, wonder ek vanaand hieroor.

Ek eindig by gereedskap. Dit wat nodig is om ñ taak af te handel. Hetsy dit nou die lewenstaak van ñ ouer is om sy kinders groot te maak. Of van ñ jongeling om sy loopbaan keuses te maak. ñ Lewensmaat te soek.

Bali-art-and-culture-wood-carving

Met die regte gereedskap in my hand, kan wonderwerke verrig word. Dit wat gedoen moet word, sal kan gebeur.

31c5e8802734e9071e315a64081bcf4f

Die ideale prentjie kan geskep word. Al vat dit jare. Met die regte gereedskap in my hande, sal ek dit kan doen.

20

Waar kry ek dit?

Ek kan dit nie koop nie.

Ek word nie daarmee gebore nie. En as ek eiewys is; sommer voor die tyd opgee omdat ek nie kan glo nie, gaan tyd my dit ook nie leer nie.

As ek een ding mag vra.

Is dit wysheid. Wysheid uit Vader se hand uit. Uit Sy hart uit.

ñ Langer lewe, sonder wysheid, wil ek nie hê nie. ñ Gesonder liggaam, sonder wysheid, sal my nêrens bring nie.

Dit kos my niks. En die beste van alles is, Hy wil dit vir my gee.

Ek moet net vra.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “As ek vir een ding kan vra.”

  1. Oee ja. As standerd 3 dogtertjie het Salomo se keuse my aangegryp en het ek geleer, dis die regte ding om te vra.
    As jong ma het dit my aangegryp toe tannie Petro gesê het, wat sy die graagste wil hê is om die Here beter te leer ken.
    Beide hierdie het my lewenswens geword.
    Wysheid begin by die dien van die Here.
    Jy skryf so mooi!

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s