Oppad BERG-OP.

(fotos:Google Images)wallpaper-pictures4

Ek sit vanoggend met my koppie koffie in my hande en nuus kyk. Ek hoor dit oor en oor op die radio, al die hele dag. En ek wonder.

Hierdie raak my, ja. Direk. Daar is ñ twintig voet “container” wat in Indonesië op ñ hawe wag. Om gestuur te word. Vier weke op ñ vragskip oppad Durban toe. Gekoppel aan hierdie oefening is ñ “dollar account”. Met ñ rekenig wat ons moet betaal.

Ek wonder oor ons land. Oor ons regering. Oor besluite wat geneem word, geneem is. Uit ondervinding weet ek dat die rand/doller uurliks kan verander. Sekerlik gaan verander. Feite.

0144

Ses en vyftig jaar oud, en al wat ek op kan roem is dít wat ek geleer het. Om te onthou wie ek is. Wie ek was, waar ek was, deur watter omstandighede ek al gekom het.

Die houvas van ñ “Mall” se kontrak op ñ paar jaar van my lewe. Die besef van my magteloosheid tydens die Rustenburg stakings, die onvoldoende bankrekening bedrae, die dae sonder kliënte.

My lyf wat oppak onder druk, die spanning wat my getrou vergesel het. Heeltyd, altyd.

Dan blaai ek terug in my joernaal. Tot by die opskrif bo-aan ñ dag in 2016. Neergeskryf nadat ek agter my toonbank op my knieë gaan sit en stilword het.

EK HET JOU. EK SAL JOU HIER UITBRING, EN JY SAL HULLE KAN GROET MET ñ SKOON REKENING. KYK OP IN MY Oë, NIE AF NA JOU BANKREKENING NIE. JY SAL MET TROTS KAN WEGSTAP, WANT EK HET JOU GEHOOR. EK HET JOU.

So my president. Jý gaan my nie laat struikel nie. Voor jóú besluite gaan ék nie wankel nie.

My “joy” sal jy nie steel nie, want ek het dit verniet gekry. Mý God het dit sélf in my gees geplant.

Ek sal opklim teen ons berg, hoog. En dit uitskreeu.

HY HET MY.

HY HET ONS.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Oppad BERG-OP.”

  1. So waar…. en vir diegene wat nie hul vertroue in die Here plaas nie… vir hulle het die hof vandag spesiaal dagga gewettig vir tuis gebruik, om dan nou maar gerook deur ons president se aanslag op die land se ekonomie te gaan.
    Maar ja, nes jy glo ek my lot is in die hande van my Vader.

    Liked by 2 people

  2. Dankie hiervoor. Ons liewe Suid Afrika het my vandag amper onder gekry. Daar was so paar maande gelede ‘n dame van oorsee wat ‘n studie gedoen het oor Suid Afrikaanse mense en sy sê ons is heeltyd in ‘n toestand van “verlies” en trauma a.g.v. die misdaad, korrupsie, ens. wat ons stresvlakke opjaag. So dankie vir hierdie ‘oplig’ uit die moeras.

    Liked by 2 people

  3. Die afgelope 3 jaar : Hoe kry jy dit reg om genade, emosie, gesondheid, politiek, weer emosie . . . toe te draai in respek en sagtheid, en dan in n enkele blog te verwoord . . . amazing my vrou ! Voorreg om dit saam jou te kon deurmaak . . . karakter te kon bou . . . lu

    Liked by 5 people

  4. Wow Una!All so good; so true ; so painful. Eko weet nie wat omega tenant see liewe vriendin. Thank you living God for you are above all and conquer all. Amen. Lots of love.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s