…,meer ‘common’,…mees ‘common?'(commonerer…soos die seuntjie van Toyota)

wp-1491234406976.jpgJa, ons het ñ hysbak. Een wat onder begin, en bo eindig…of is dit nou bo begin en onder eindig?

Die ‘nuwe huis’ het ñ hysbak.

Onder is die swembad en lapa.Volgende die kombuisvlak, kuierkamer en eetkamer. Plus gastekamers. (Jy is welkom, kom kuier en slaap oor).wp-1491234516733.jpg

Dan heel-bo, loop jy uit binne-in die studeerkamer en hoofslaapkamer. Asook die sitkamer en stoep.

wp-1491234625872.jpg

Sowaar, ons huis het ñ hysbak. (Common, commoner, commonste). Hy werk dalk nie huidiglik nie, maar ons kort net die regte sleutel.

Om teen die berg in Harties te kan bly, het sy voor en nadele. Voordele: Jy kan teen die water bly. Nadele: Jy kan teen die water bly. Dis nou hier waar Bertus ñ ernstige eier gaan lê, want hy is ñ water baba.

Hy, die hysbak, werk dalk nie huidiglik nie, maar ons kort net die regte sleutel.

So ons het ñ pragtige huis. Met die mooiste uitsig. Voor/maar hoog teen die berg. Waar jy ñ hysbak nodig het. As jy oor 56 is.

Sonder ñ sleutel…dit gaan wel hierdie naweek verander…Vrydag. Wanneer ek swart gaan aantrek en gaan kyk waar daar ñ optog is, want ek is nie in ñ “services position” nie, en ek is mal oor my land. En gefrustreerd. 

Die hysbak ou? Lyk my dit is ñ belangrike werk, hy gaan opdaag. Ek nie.

Jy gaan my iewers vind.

En ek gaan deelneem! So kan ek wragtig nie aangaan nie. Hysbak of te not.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

26 thoughts on “…,meer ‘common’,…mees ‘common?'(commonerer…soos die seuntjie van Toyota)”

  1. Sit ek en lag…onder 56, dus sal ek trappe klim, en miskien kom kuier ek nog eendag vir my Blog vriendin…my broer het ook ‘n hysbak in sy huis laat sit…van sy bar tot sy kamer…hy het knie probleme en sukkel bietjie en hahahaha, hy is 57…geniet die natuurskoon daar…

    Liked by 1 person

    1. Sal dit nou nie heerlik wees as jy my eendag net laat weet jy is oppad nie! Ons sal ń hond uit ń bos uit gesels. En jy gaan die trappe moet klim, want jy is onder 56…ek sal vir jou uit die huisbak uit waai.🤗

      Liked by 1 person

  2. Sjoe, wat ‘n huis!

    Dis nogsteeds my droom om eendag (voor ek Karoo toe trek) ook daar langs jou dam te bly. Ek moes maar settle vir een van die koppies in Brits. Grootste fout. Afgesien van die slange en goggas het ek nooit gedink dat ek elke maand AL my kruideniersware teen terrasse en ontelbare trappe moet indra huis toe nie. Die uitsig is mooi maar die trappe en vlakke en terrasse maak my gat lam!

    Liked by 1 person

      1. Ja ek bly daarso!

        Jare gelede toe ons ons huis gekoop het was dit so lekker rustige area, maar deesdae loop ons so deur met misdaad. Gelukkig bly ek aan die agterkant van die koppie, so ons is nie so op ons “bure” se stoepe nie.

        Liked by 1 person

      2. Hehehehe, vra jy nou die een wat die meeste rigting bedinges is! Ons kyk weg van Brits af, daar na Evraz Vametco myn se kant toe. Al die velde om ons behoort aan die myn, so niemand bou daar nie, maar die myn is so ver ons sien net die ligte in die aande. Ons kyk ook Bosveld Oase se kant toe, as dit jou ‘n idee gee.

        Liked by 1 person

    1. Plasie, daar is niks ryk hier nie. Ons huur. het ñ paar jaar gelede ons lodge ‘verloor’, betaal steeds aan skuld af. Baie, baie skuld.☺So ñ weird klein sleuteltjie, en dié is gebreek. Nou moet ñ hysbak spesialis uitkom om te kom help.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s