O nee. Defnitief nie.

(fotos:Google Images)christensen_treadlightly

Op die oomblik, vir my as ñ middeljarige vrou, is dit maklik om net rond te dobber. Makliker as om standpunt in te neem. Makliker as om presies vir almal te vertel wat EK van ons huidige wêreld dink. Want eerlik, ek weet nie regtig wat my mening is nie. Ek sukkel om ñ opinie te formuleer. Dit maak my effens gek, hierdie lees en luister en hoor en

en dan niks.

Waar is die deel in my brein dan wat op aandag moet spring en gereed moet voel vir aksie. Die woorde wat moet aanvuur en aanhaal.

Is ek ñ papperd?

232086_960x640

Binne my eie wêreld ken ek my rigting. Al gaan dit ‘wind-op’, al sug ek so elke derde dag diep voor ek my voete van die bed af sit, my rigting het ek gekies. Hoekom sukkel ek dan met die groter prentjie. Ek is tog ook ñ Suid-Afrikaner. Ek is regtig lief vir my land. Vir sy mense.

Sodra ek wil begin skryf, kom die ‘dinke’. So asof wat èk kan skryf, nou van minder belang is. Onbenullig.

Dit maak my vies vir myself. Ek hét dan nou gesê my geluk is nie in ñ president se hande nie. Dat ek nie sal toelaat dat hy persoonlik ook van my steel nie.

Tog sukkel dit bietjie hier in my binne-hoekie. Moet ek myself bly herinner dat ek steeds ek is. Steeds iets het om te sê. Al verander mý woorde nie die land se geskiedenis nie.

So nee. Defnitief nie. Ek gaan nie net ronddobber nie. Vorentoe, dis waarheen ek gaan.

Dalk selfs stroom-op, maar vorentoe.

In die enigste rigting wat ek ken.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “O nee. Defnitief nie.”

  1. Vandag se ramp is volgende week/maand/jaar se alledaagse. Opinies voer my nie. Opinies hou nie my ligte aan die brand nie. Dis belangriker om te werk na ‘n plek waar jy kan floreer, of ten minste net bestaan, ten spyte van die invloede van buite (spesifiek die politiek op hierdie oomblik). Dit is belangrik op die self eerste te help, anders kan jy nie ander help nie.
    So basta met watter opinies jy ookal veronderstel is op te handhaaf, die een wat tel is of jy bereid is om voort te beur, ten spyte van . . . en jy doen dit reg klink dit my. Respek

    Liked by 3 people

  2. Dit is so waar. Ek voel soms of ek die enigste mens is met ‘n positiewe uitkyk op die lewe en selfs my wêreld is geskud. Dit is asof mens baie meer vergewensgesind raak soos die tyd aanstap, maar hier binne wonder mens of jy regtig so vergewensgesind moet wees as jou hart vir jou sê dis ‘n verkeerde ding wat hier gebeur het. Ek het ook hiermee gesukkel, tot my studente-dogter vanoggend in haar swart klere voor my staan en sê dat hulle almal vandag swart aantrek as begin van die teenstand teen ons president se optrede. Want as hulle gaan saamstaan, dan doen sy dit. Sy sal nie dwarstrek teen dit wat reg is nie, maar sal ook nie stilbly teen dit wat verkeerd is nie. Dis ons toekoms hierdie en sy is deel daarvan. Toe besef ek ook dat ons jongeres seker meer gewaagd is as ons. Maar ek besef ook dat ons nie hier sit en fliek kyk nie. Ons is rolspelers. Miskien moet ons begin saamstaan met ‘n passie vir dit wat reg is. Dalk is dit juis die tyd dat ons sterk en groot woorde begin spreek wat saakmaak, wat saambind, wat insluit, wat ‘n massa-mense uit al die kulture en tale saamvoeg tot een mag teen dit wat verkeerd is. Eendrag maak mag. En is die pen nie magtiger as die swaard nie? Ons moet juis nou skryf!

    Liked by 2 people

  3. Volgens my slaan al jou blog-pelle se kommentare RAAK ! Al voel ons so half verwaarloos (voel of jy GLADNIE tel nie), m.b.t die drastiese besluite en aksies hier teen en om ons. Dit raak ons almal : Vir die een n R/$ wisselkoers, vir daai een EMOSIE, vir n ander weer n POSITIEF / NEGATIEWE ingesteldheid in sommer als hier om jou . . . Ons moet gehoor word, ons moet standpunt he, want ek dink dis GESOND vir my wese !

    Liked by 2 people

  4. Nee wat Una ek skree, ek betoog, ek trek swart aan, steek die landsvlag teen my bors en wys vir almal hoe ek voel oor korrupsie want dit raak ieder en elk van ons. Ek weier om ‘n draadsitter te wees en juis daarom sal ek skree. Ek kan nie my hande in onskuld was nie wat ek sit elke dag met ‘n horde honger mense in my kantoor en elkeen kom met ‘n verwagting. Dit wat die pres en sy gespuis doen is om daai verwagting dood te trap want hy steel hulle hoop saam met die land se “rykdom” vir homself en ‘n hele klomp van sy lakeie. EK SKREE en weier die slag om terug te staan.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s