Die voorreg om te weet wie jy is. Al maak dit soms seer.

(foto:Google Images)0d681265b72dc16f5025846f2244f4ae

ñ “Mercy” mens, dis wat my Elanè blok-vriendin my noem. En ek is trots op hierdie benaming, hierdie sewende van die “Redemptive gifts”.

Vandag wil ek myself ‘vasskryf’, herinner aan wie ek is. En wat. Nie alles is mooi nie; ñ mercy-mens sleep ñ paar ernstige swakhede met hom saam. Dit bly ñ keuse.

Groei jy daaruit, sien dit vir wat dit is. Of troetel jy die foute.

Die Unas van die lewe het nie sommer vyande nie. Omdat ons meestal glad nie oordeel nie, is ons veilig.

My hartsvriendinne is gewoonlik 100 % die teenoorgestelde van myself. Die mercy kom so te sê met alle persoonlikhede oor die weg.

Ek voel aangetrokke tot mense wat seer het, sien vinnig deur die skanse. Selfs al is jy ñ totale vreemdeling. Ek is nie bang vir jou mure nie, inteendeel, ek en jy weet albei vinnig dat jy my kan vertrou. Met my kan praat.

Ek is doodeerlik oor myself, jy hoef nooit te wonder nie.

“Do people come up to you frequently and bare their entire soul without being asked?” Dís die mercy mens.

Tot dusver ñ goeie prentjie. Wens net ek kon nou hier stop.

ñ “Mercy” sukkel met ñ onderliggende smagting na intimiteit. Sonder dat ons dit altyd besef, “crave” ons fisiese aanraking. Wat heel dikwels na seksuele sonde lei.

Hier is ñ eina sin: “The intimacy the mercy craves transcends soul contact to physical contact. They are designed by God to want and need touch. For young mercy men, this needs to be affirmed in a right way, or they can fall into homosexual lifestyles because of this lack of affirmation.”

In my jong dae het ek geweldig met hierdie swakheid gesukkel. Keuses gemaak op grond van my hunkering na intimiteit. Vandag weet ek, net God kan die leemte vul. Maar vandag is baie baie jare later. Baie baie verkeerde keuses later. En steeds, steeds moet ek bewus bly van hierdie feit, en nie vir ñ oomblik my waaksaamheid neerlê nie.

Die mercy hou nie van verandering nie. Veral nie as dit ons sekuriteit raak nie. Dit neem redelik tyd vir my om emosioneel te laat gaan. Te laat los. Maar daarna reik ek met oop arms na die nuwe.

Ons haat konfrontasie. My DNA is om pyn van mense af te probeer weghou. “When they have to confront, it is very difficult. It usually takes them an hour of beating around the bush. This can be a major downfall for the mercy.”

Tog, aan die ander kant, iewers onder die oppervlak lê daar ñ hoeveelheid woede. Dit kom baie selde te voorskyn, maar as jy iemand na aan my te na kom, sal ek ontplof.

Vat jy my as persoon aan, sal ek my skouers optrek en wegstap. Ek vergewe al vra jy nie daarvoor nie. Maar o genade, moenie die mense om my, na aan my, seermaak nie. Almal het al vergewe en aanbeweeg, dan broei ek steeds. “Resentment”, diè woord som op.

Eintlik wil jy my as ñ vriendin hê…ek moet darem iets goed bylas.☺

“By design the mercy is able to engage spirit to Spirit with God. They are able to go there easily and often. As the mercy is sanctified they sanctify their environment (time, people, place) and are able to transform the sinful into holy. The gift of mercy is designed by God to know His heart and to operate on a very subjective, intuitive basis.”

Hierdie is ñ mondvol, ek weet. Maar hierdie is MY lewe, MY binnekant. Ek is trots op wie God my gevorm het om te wees. Ek is dankbaar dat Hy my oë en ore op ñ sekere dag aangeraak het sodat ek myself kon sien. En verstaan. Leer ken.

Nie die Una wat omstandighede ‘gemaak’ het nie.

Die Una oor wie Hy gedroom het.

4c39382aabac1f8f95be1a5863e4cf1e

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

32 thoughts on “Die voorreg om te weet wie jy is. Al maak dit soms seer.”

  1. Ag en jy weet presies oor hoe ek oor my Mercy-Mens voel. Dit is ‘n mooi skrywe want jy kon net die mooi deel aan die wereld gewys het, maar jy het die anderkant van die munt ook gewys en dit is so jy, eerlik tot teen die been, “take it or leave it”, en ek het gekies om dit met als in my te vat xxx

    Liked by 3 people

      1. It’s coming back to me now. Die jeug het ‘n gebedshut gebou in die koppies daar anderkant die ou Pelindaba en ons het die fondasies met hamers en pikke uit die rots gekap. Na ‘n oggend se kap waar ek die pas styf aangedraai het, het ‘n ou spottenderwys vir my gesê ek hoef net my gift tussen 6 te soek want ek het nie ‘n mercifull vesel in my lyf nie.

        Liked by 2 people

    1. Ek weet wat my gawes is, en dit het ook goeie, én skerp kante: Onderskeiding, Teaching.
      Maar my Bokbaaivygievriendin sê sy ken my die beste van almal en volgens haar is ek profeet. Ai ja. Profete kom tog so in die mieilikheid, trap in die modder. Alewig iewers skeef getrap! Tsk

      Liked by 1 person

      1. Asb! Ek het so hier en daar gelees. Ek is beslis teacher, nie profeet.
        Die 2 lê baie naby aan mekaar.
        Profeet kry Waarheid wat hy moet verkondig. Teacher hou daarvan om waarheid te verduidelik, die Woord vir ander makliker te maak.
        Ek kry nie profesieë wat ek vir ander moet gee nie.
        Maar saam met gawe van onderskeiding kan dit rif raak! 😱
        Ek sal bly wees as jy dit vir my sal stuur asb.

        Liked by 1 person

  2. Hi Una, hoe baie leer ek nou van eerlikheid, sjoe. Uit dit wat jy geskryf het, kan ek lees watter tipe mens jy is. Jy is ‘n mens met ‘n spesiale persoonlikheid en dan nog ‘n profeet ook? Ek het gewonder wat ek vir jou moet sê. Gaan voluit in hierdie wêreld in, ek glo orals waar jy kom, maak jy ‘n verandering aan mense.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s