Eksamen tyd.

(skilderye:Google Images)Diy-painting-by-numbers-frameless-font-b-paint-b-font-drawing-coloring-by-numbers-on-canvas

Ek het dieselfde droom al oor en oor gekry; die eksamen-skryf een. Spesifiek wiskunde. Terwyl ek weet ek het nie ñ enkele klas bygewoon nie.

Keer op keer sal ek natgesweet wakker skrik, en uiters dankbaar wees dat ek toe nié weer terug is in matriek nie.

Op die oomblik gaan dit rof. Baie rof. Rowwerderer. Ek kry nie klaar geskryf aan ñ sekere vraestel nie. Sleg is, my naam staan nie bo-aan nie. Maar ek skryf, en ek dink, en ek probeer. Ek vergeet van eet, en in plaas daarvan dat ek saans oplees en myself dan nou maar voorberei, wil ek net slaap.

En dan weer terugval op my bietjie kennis, weer probeer.

Die ‘probleem’ toring hoog bo die horison uit, en ek moet ñ antwoord vind. Ek kyk met my ‘ou oë’, en ek sien raak. Dalk bietjie dowwer as voorheen, maar ek KAN sien.

My dilemma is dat die persone wie se name bo-aan hierdie vraestel staan, ander antwoorde hierop gee. Elkeen verskillend. En al werk en bid ek hoé hard, al kleur ek die prentjie deur my oë hoé mooi en perfek in.

Hulle sien anders.

Hulle sien en hoor en lees en verstaan vanuit ñ ander ‘sig’, vanuit ñ ander lig. Hul agtergrond verskil huidiglik van mekaar, en van myne. Ek bekyk hul prentjies, vat my kwas en probeer doodvee. Dit werk nie.

Ek verander van verf. Bring olie in plaas van waterverf in. Dit ‘vat’ nie. Die smeerkolle word net groter, en die prentjies al meer bederf.

Party dae draai ek die prentjies om, sodat ek dit nie raaksien nie. Ek gaan steek my kwaste weg, sodat ek nie probeer beter maak nie. Ek trek die eksamen lokaal se deur styf toe, sluit selfs.

Maar daar binne, weet ek, lê dit en wag.

So vanoggend, weier ek om die deur oop te sluit. Sit ek op ñ stoel aan die buitekant en kyk teen hierdie ‘gemors’ vas. Kom iemand se stem in my geheue op. Joyce Meyer wat iewers in die agtergrond praat. Oor wat om te doen as jy voel jy het alles gedoen. En niks is beter nie. Niks het verander nie. Die probleem bly.

Trust God and go do good to someone else. Ps 37.

Nou stap ek deur hierdie dag, nou, soos ñ goeie brullende leeu, een wat weet as God met jou gepraat het, en ek soek situasies waar ek kan help. Iemand wat ek kan bystaan. Iewers waar ek kan bydra. 

O ek sal luister. Ek het gehoor. Ek ken die Woord.

En die Een wie se Woord dit is.

Trust God and do good. Nog nooit voorheen het ek hierdie opdrag so aangegryp, so begryp nie. Ek voel klaar beter. Sal die deur gaan oopsluit en die lokaal lug laat kry.

Dan weer aanstap en my God vertrou.

Iemand anders gaan seën.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Eksamen tyd.”

  1. Pragtig liewe Una… jy verstaan … van n nagmerrie wat kan verander in n wonnerlike droom van hoop en geloof deur weg te kyk van self en andere aan te raak!! Liefjo Riette

    Liked by 1 person

  2. Ek probeer ook om kosbare mense die waarheid te wys, maar niemand is so blind as hy wat nie wil sien nie. Nou vra ek maar dat die ware skilder self Sy prent in hulle harte sal skilder. Ek probeer leef in Sy rus. Dankie vir jou skrywe. Dis diep.

    Liked by 2 people

  3. Mooi antwoord Karin. Ek weet ook uit ondervinding, veral as dit by die kinders kom, hoor hulle wat hulle wil hoor en soms hoor hulle niks. Dis dan wat net ons Vader wat in die hemel is hulle harte kan verander en Sy woorde in hulle ore fluister. Una ek weet ons staan magteloos as ma’s en mense. Ons woorde wil nie die prentjie reg verf nie. Al probeer ons ook hoe hard.

    Liked by 1 person

  4. Dit laat my nou dink aan iets wat ek in die week gelees het…. He was beaten, bleeding and weakened. His heart was broken, but still He walked…. I wake up each morning, turn my eyes to Him, and I walk.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s