Om amper agt te wees…

wp-1491909496830.jpg

…en jy skryf reeds stories. Die storie van die groot familie met ñ groot probleem.

Dit is dan wanneer jou ouma en oupa net in stille verwondering kan kopskud. Hoe het dit gebeur? Wanneer het jy selfs geleer om wat jy aan dink, neer te skryf?

Die ander dag nog het jy met jou vinger in jou mond grootoog na stories gelê en luister. Nou blaai ouma deur jou eie boek met ñ klompie bladsye in. Een wat jy so tussen al die naskoolse bedrywighede deur, skryf.

Wanneer, ons Talisa meisiekind, het jy groter geword. Die insig gekry om ñ hartstorietjie te kan neerpen. Vol karaktertjies met probleme, maar ook oplossings.

Sou ouma Maizie nie net te trots op haar oudste agterkleindogter gewees het nie. Oumsie wat julle so kon vasskryf in haar gediggies. Wat gesels sy alles ‘daar bo’ oor hierdie klein pragkind van ons? Dink jy sy skryf ook nog…

Dalk moet ouma Una vir haar ñ briefie pos, een wat ñ engel kan saamvat. Vir haar dankie sê dat sy vir my en jou hierdie liefde vir skryf gelos het. ñ Stukkie van haar menswees in my en jou hartjies nagelaat het.

Little-Child-Girl-with-Baby-Doll-HD-Cute-Baby-Wallpaper

Want ouma het vergeet om dit vir haar te sê toe sy nog hier was.

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Om amper agt te wees…”

  1. ag moedertjie, my Lainey skryf haar stories in prentjies – en as ek die prentjies lees reflekteer ek net mooi nerens nie, dan wonder ek in stilligheid waar pas ek in, en of sy eendag herinneringe van my gaan hê – en of dit mooi gaan wees en, en, en… ek sal vandag eerder nie daarnatoe gaan nie, nie vandag nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s