Iemand vermoor die duiwel!!??

(fotos:Google Images)CatUnderBed

Hierdie was defnitief my eerste gedagte op my heel eerste nag in Bali. Ek glo dat daar ñ duiwel is, die Bybel se duiwel. Ek kon net nie glo dat ek hom toe in Bali moes kom raakloop nie, en dit terwyl iemand hom vermoor! Op my kamer se dak.

Menigte gedagtes het deur my gegaan. Hoekom nou? Ek het dit nie raakgelees dat hy doodgemaak word deur iemand hier op aarde nie. En sê nou hy wen??? Gaan hy by my venster probeer inklim…hoe gaan hy lyk…

Defnitief in stukke gekap ter oordeel aan sy gille…

4893244287_d42c607d74_b

Uit respekte vir hierdie klein lyf met sy enorme stem, bly hy net Die Bali Gecko. Geen vertaling nie, want hy verdien al die respek wat na sy kant toe kom. Toe nie die duiwel homself gewees nie, net ñ verspotte klein geitjie tipe ding wat in menigte gruwelflieks speel. Of optree. Opsing. Wel net sy stem, maar steeds. Noudat ek hom al jare ken; weet hy kruip oral weg en wag vir middernag om los te trek; steeds. Vir die eerste paar minute bevraagteken ek altyd my logiese denke.

Is ek seker. Hoe weet ek die boeke praat die waarheid. Is hierdie nie oë-verblindery, en die monster agter die stem loer van iewers af nie. En hier is nie eers ñ mes in ñ hotelkamer om myself mee te verdedig nie. Niemand gaan my mis tot laatoggend nie. Sê nou ek is net half dood. Dan lê ek en uitbloei. Alleen. Ure en ure en ure…

Die Bali Gecko. My naam vir hom. Hy kom wel oral voor in Suid-Oos Asië, maar vir my hoort hy hier. Hy sien my kom. Hy weet ek gril ietwat vir hom.

Maar hy wag. Vir die ure wanneer dit stil is. En donker. Dan trek hy los, en ek. Ek vlieg elke keer verward op, weet eers glad nie waar ek is nie, kyk met dom oë in die vreemde donker rond, dink my dinke.

En sit dan die kussing op my kop.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

25 thoughts on “Iemand vermoor die duiwel!!??”

  1. Blykbaar is een van die bygelowe dat dit slegte geluk bring as die Tokay gecko sewe maal roep. Desnieteenstaande en overgesetsynde het hy ‘n indrukwekkende stem vir so ‘n klein lyfie.
    Persoonlik is twee katte wat baklei onder my kamervenster steeds die mees bloedstollende manier waarop ek nog wakker gemaak is. Die outjie, ten spyte van sy indrukwekkende stem, haal nie eers die top 5 nie.

    Liked by 1 person

  2. Waaaaaaat?

    Ek het nie eers geweet hulle het stemme nie. Dom vraag: die in my huis en jou gillende knaap is seker nie dieselfde nie?

    NS, my huis is VOL van hulle, ons “fumigate” glad nie ons huis nie, juis vir hulle onthalwe, en al hulle babas. Maar ek hardloop deur ‘n muur as een van hulle naby my kom 😆

    Sulke klein koue snotterige goedjies.

    Liked by 3 people

      1. Ek is verstom, want daar is ‘n menigte in ons huis, maar ek het nog nooit agtergekom dat hulle ‘n “roepstem” het nie. Aan die ander kant, ek kon dalk ook gedink het dat ek die paddas “reed frogs” hoor wat buite in die tuin is. Ek lees nou op die webtuiste van die Southcoast Herald dat die gewone huis gekko wel geluide maak: “Another amazing fact about geckos is that they are able to vocalise. They produce various sounds which are used in communication ranging from quiet peeps to rapid short squeaking sounds. These little fellows can even produce a barking, chirping or clicking noise during mating season or when defending their territory.” In Bali is hulle dalk meer raserig!

        Liked by 1 person

  3. Ek wou my lankal verbeel dat ‘my’ gecko’s sulke sagte ‘clicking’ geluide maak… ek vrek oor hulle – té cute met daai pofferpootjies 🙂 – die enigste probleem wat ek het is dat my varkie Bruty ook mal is oor hulle. As hy ‘n beweging sien, skiet hy in daardie rigting in en het al menigmaal enetjie met die voorpoot teen die buitemuur vasgetrap -en ja – dan’s dit sadly ‘n heerlike snack met ‘n dralende stinkasem vir die volgende 2 dae. Ek raas. Maar sy instink skop in en hy seg hy’s só jammer maar hy het net géén selfbeheersing as iets so rondskarrel nie 😀

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s