ñ Damduiker maak ñ plan.

IMG_0096

Vandag is D-dag. Die hiasinte het ons dam oorgeneem, en langer kan geen siel sit en wag dat Waterwese iets doen nie. So. Jongste boetie en sy vrinne is opgekommandeer.

IMG_0109

Daar is eers vir ñ paar uur ernstig beraadslaag. Hoe om die hiasinte uit ons baaitjie uit te kry. Daarna gaan ñ drywende pyp vasgemaak word, met ñ ingang. Ons eie hawe. Met die hiasinte aan die buitekant.

Ek self loer kort-kort hier van die balkon af om te sien of daar vordering is. Ek weet nie. ñ Effense wind, en die goed kom terug gedryf. Op die oomblik skaterlag hulle daar onder, want een tuimel kort-kort die water in. En klank trek. Ek hoor elke woord, en swetswoord, tot in die sitkamer.

IMG_0102

Vir ons klomp Damduikers, wat so versot is op die boot lewe, is hierdie ñ moeilike tyd. Ons bote sit vas. Veral hier voor ons huisie, met sy baai. So vandag word daar planne beraam. En tussendeur geduik en geswem, mekaar natgespat en poetse gebak.

IMG_0108

Stuk vir stuk word die hiasinte losgetrek en dieper gevat. Dit gaan glo werk…Dalk in beginsel, ek weet nie. Fighting a loosing battle is nié deel van die Damduiker gemeenskappie se woordeskat nie. Die baie baie lang, baie baie dik pyp wat op die water gaan dryf, met sy eindpunte aan twee sterk jetties vasgemaak, gaan glo keer dat die baai weer volloop.

IMG_0112

Indien die plan nie “bullet proof’ is nie? Wel, dan probeer ons maar weer. Hier is hope pret betrokke, ook “male bonding” en bietjie spanbou op die koop toe. Verbygaande bote draai om, en kom kyk wat doen ons manne. ñ Biertjie of twee word gedeel. BAIE raad word uitgedeel, en as ek weer sien is daar boerewors rolle ook betrokke. Nié wat ek afgestuur het nie, wel wat goed bedoelde jonger dames van iewers af aanry.☺

Hopenlik kan ons die bote môre in ñ skoon hawe aanskakel. En dan…waarheen ry?

Mmmmm.

wp-1492254753089.jpg

wp-1492255378895.jpg

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

27 thoughts on “ñ Damduiker maak ñ plan.”

    1. Jy is reg, ons kan nie op hierdie manier die stryd wen nie. Hulle is net verplaas. Ons baai is darem redelik leeg, kan nou weer by die bote uitkom. Dit was maar die doel, want hierdie probleem het ń ander oplossing nodig. Daar is soveel groepe wat op die oomblik iets probeer doen, maar ek weet nie…Gaan effe beter hier. Effe.

      Liked by 1 person

  1. Klink nogal of julle pret gehad het…daardie hiasinte is nogal ‘n pes…ek het lank terug gelees dat die goed op ‘n stadium goed onder beheer was…maar dis jare gelede…dalk moet mens bietjie die goed oes…hul olies ekstrak en dalk ‘n roompie daarvan maak…lol…hoop jou paasnaweek was blessed…

    Liked by 1 person

  2. As ek reg onthou gaan dooi stryd nou al meer as dertig jaar aan!
    Maar… so ‘n bietjie van die punt af… “Damduiker” … dis ‘n term wat ek lank laas gehoor het! Ons Kaapenaars was lief om die klomp van daar bo so te noem as hulle ons kus kom oorvat in die vakansie!! 😉

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s