So partykeer…

Het ek nie ń prentjie om te deel nie. Nie ń rede om te sê nie. Net die weet. Dat ek verlang, maar jy is weg. En al reik ek uit na ander wat dalk die woorde het.

Hulle is nie daar nie.

So dit los my, my boet. Met net ek en jy. Ek hier. Jy by Jesus. Jy weet hoe lyk my wêreld. Maar ek moet net raai oor joue.

Jy is veilig. En ok, ek weet.

Sê vir Ma hello. En vir tannie Ronsie. Sê Boeta is ok. En ek. En Bert. Ook die meisies, en almal hier. Hoop julle kuier vandag lekker bymekaar.

En verlang bietjie na my?

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

12 thoughts on “So partykeer…”

  1. Ek het drie ouer broers gehad. Die oudste is 15 jaar gelede oorlede, met die tweede een het ek sporadiese kontak, met die jongste geen kontak hoegenaamd nie. Weet jy met wie gesels ek voortdurend? – die een wat vir altyd weg is en ‘n gat in my hart gelaat het.

    Liked by 3 people

  2. My sessie met die kopdokter Donderdag het juis gegaan oor die mens(e) waaroor ek steeds rou, en hierdie gedagte het by my opgekom wat ek met die van Helsdingen op Faceboek gedeel het. Jammer, ek het nie die energie vandag om dit in Afrikaans te vertaal nie.
    Moving on is not a destination. Moving on is not filling the voids left by those, both living and dead, that has departed from your life. Moving on is preserving the voids, so that those departed may always have a space at your table, even though they will never again claim it. That is how the heart grows.

    Liked by 4 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s