Hoef ek meer te sê?

IMG-20170429-WA0014

“Welcome to my World”. Hoef ek enigsins iets meer te sê? Ek sing op die oomblik saam, praat saam, lag saam en dans selfs saam. Nou wel hier eenkant waar hulle my nie raaksien nie, maar dis mý tyd se musiek hierdie. Ons woorde. Ons danspassies.

Oor twee naweke is dit die Grease opvoering. Hier. Op ons dorpie en in ons kompleksie. Die dekor is gedoen; die baie “snazzy” kar tot op die verhoog gery. ‘Grease’ musiek weergalm van alle kante af. Hare is gekleur en gesny. Die opwinding is voelbaar. Oral oor.

Bring so baie herinneringe terug. Van ons in matriek, 1978, toe die fliek in Suid-Afrika begin wys het. Ons prefek groep is spesiaal Johannesburg toe aangery om te gaan kyk. ñ Groot stap vir ons BAIE streng Meisiesskool. En na die tyd, die BAIE kwaai juffrouens wat saam met ons ons eie passies in Hilbrow se strate uithaal.

Die musiekgroepie oefen hard; heeldag, soms tot laat in die nagte. Kitskos word afgelaai. Soms sien ek, is daar glasies wyn ook betrokke. Groot pret.

Gisternag droom ek ek is Sandy, maar ek pas nie in haar leer ‘katpak’ in nie! Tot Bertus my verergd moet wakker stamp, want die gekreun en gewoel! Net te erg. Hoe moet ñ man nou geslaap kry.

Goeie ou tye. Heerlike onthoue.

Wonder net hoe gaan ek oor nege dae van nou af voel. Moeg ge-‘Grease?’

IMG-20170429-WA0021

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

28 thoughts on “Hoef ek meer te sê?”

  1. In 1978 was ek nog nie eers gebore nie, maar Grease is een van my ALL TIME FAVOURITES! Dit, en natuurlik Dirty Dancing. Kyk, ek ken elke woord, elke oog trek, elke spier se beweging. En ek huil en sing net so lekker saam. My kinders dink ek is gek – hoe kan ek na die 15 84210.0215ste keer NOGSTEEDS huil as ek dit kyk! 😆

    Geniet jou Grease Una, en kom vertel ALLES hoor!

    Liked by 1 person

    1. Ek het beide hierdie flieks op my media player onder “Ma se flieks”. Ek en my dogter sit hulle elke nou en dan aan (tot my man se ewige ergenis) en dan sing ons noot vir noot saam terwyl ons “swoon” oor Travolta en Swayze.

      Liked by 2 people

      1. Lekkerste lekker!!! My oudste dogter bring haar klomp vriendinne saam vir die opvoering, so ek vermoed daar gaan ‘backstage singers’ bykom voor die aand verby is. Sy ken ook elke enkele beweging.😂

        Liked by 1 person

      1. Dis ook een van my gunstelinge (ABBA was immers GROOT in ons dae), maar die een wat my man uit die huis kan verdryf is Rocky Horror. Haha, sy gesig alleen maak dit die moeite werd om om dit so nou en dan te herhaal.

        Liked by 1 person

  2. Ek het daai katpak en skoene begeer!! (My hare só geperm en geterg. Saamgedans en gesing dat die biesies bewe 😀
    Enigste probleem….. my stem het nog altyd meer na John T as Olivia NJ s’n geklink. Ek kan nie al wil ek 😦

    Liked by 1 person

      1. My daddy kom vir my kuier – land vlg Donderdag en is hier tot 1 Mei. Ek sou graag wou, maar ek het vier volle dae saam hom en stiefmama wat ek totaal vir hulle grille en giere (hulle is albei al naby 80) uitgesit het. Ander keer beslis! Catch-22 😉

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s