O nee. Nie vandag nie.

(foto:Google Images)finger-4

Ek glo ons het almal ñ eie taal, en ek praat nou nie van ñ geestelike een nie.

ñ Taal waarmee jy kan saamleef, en wees wie jy is.

Ek verdra baie. Regtig. Ek vergewe vinnig, vergeet dalk bietjie moeiliker. Maak my seer, en ek probeer jou kant insien. Meestal.

Maar moenie. Moenie my laat voel of ek misbruik word nie. Sekere woorde, saamgestel op ñ sekere manier, en “that’s it. No more.”

Vanoggend is ek daar. Op daardie punt waar my mercy-mens plek maak vir ñ bloedige verergdheid. MOENIE MY SAGTHEID MISBRUIK NIE.

ñ Oulike kliënt. Ons kom al ñ lang pad saam.

Ek lees jou sms oor jou bestelling, en ek bereik die punt. Ek weet ek het die hef in die hande. Ek is ook baie ouer as jy. En ñ besigheids-vrou, al lankal.

So jy dink jy gaan my afpers? Jy dink jou sarkasme gaan enige iets met my uitrig.

O nee.

Jou elke boodskap be-antwoord ek met ñ stil bedonnerde, maar flymskerp brein. Ek weet jou huislike omstandighede het van jou gemaak wie jy is. Ek het begrip as jy ordentlik met my praat.

Maar vandag, vanoggend op my nugter maag, “you overstepped that line”.

Ek gaan wel nou hier buite rondstap en ñ paar klippe skop. Ja, sommer so met my fyn skoentjies aan. Vêr en hard skop. Dan op die swaai ry, hoog. Tot ek oor die dak kan sien. Daarna gaan ek ñ pak slapchips koop, en ALLES  op-eet.

…ag tog, daar begin hulle weer met Grease liedjies… Sal miskien liewer net gaan luister, en van jou crap vergeet.

Dalk weer oor die swart katpak wonder. Sou ek ooit in een gepas het???☺☺☺

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “O nee. Nie vandag nie.”

  1. Ai, dat mense mens so kan omkrap…druk knoppie wat sê: Alt, Delete en sommer Block…soms weet mense nie hoe om die seer in hul eie lewens te verwerk nie, dan haal hulle dit op ander uit…nie reg nie…hoop jy voel nou beter…

    Liked by 1 person

  2. Ja-Nee, elkeen van ons het ‘n “genoeg gehad-punt” wat ons bereik. En ek wonder ook oor so swart catsuit van Witchery by Woolies – maar ek dink my dogter kry die blou-aap stuipe as ek dit ‘n realiteit word – en dan hang daar ‘n klein fortuin ongebruik/ongedra in my hangkas en daarvoor is ek ook nie lus nie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s