As ek na jou kyk.

20170720_113819

Jy lyk anders.

Jy is steeds my man met die onblusbare energie. Die projekte ou wat lééf terwyl hy sy ‘moet doen’ lysies nakom.

Maar jy lyk anders. Ek kyk in jou oë en ek weet. Jy het ons God gesien.

Die lamp van die liggaam is die oog. Jy vertel my van die naweek. Tog, nie soos altyd nie. ñ Stilte het in jou binneste gaan sit. Al praat jy.

En ek weet. Jou sms aan my, ‘daai gebeds oomblik…ek het rerig my Here aan die kruis sien hang en na my kyk, met geen woorde nie, maar met ñ volle verhaal van omgee en liefde en onbaatsugtigheid…en vergifnis vir ALLES en ALMAL.’

God moes Sy Hand voor Moses se oë hou sodat hy kon bly leef. Maar hier, nou, kyk ek in jóú oë en sien ek die brandende bos. Die lig van die vuur wat ingebrand is.

Jy het ons God gesien.

(ñ naweek in Bloemies saam met oom Angus…)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “As ek na jou kyk.”

  1. Baie min kere, indien ooit, het iemand dit kon regkry om soveel mense op een plek te laat vergader vir ‘n gemeenskaplike doel. Is dit moontlik ‘n indikasie van hoe stukkend ons samelewing oor die algemeen is? Of is dit eerder die wat nie daar was nie wat kartetse vanaf die kantlyn gooi, wat aandui hoe stukkend ons is?
    Wat ookal die antwoord is: As een, of tien, of tienduisend bywoners teruggekeer het met net ‘n bietjie empatie, of verstaan, of berusting, of selfs hoop, dan was die geleentheid mos suksesvol?

    Liked by 3 people

    1. We had a big, big, big prayer day in one of our provinces this past weekend. More than one million people gatered together to come before God. I am sure you know about our politcal crises. Our men got together and took tents for the weekend, because the city where it was held, was totally full. And they had an amazing encounter with God, Michael. Our whole country came together, even if you could not attend it yourself.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s