ñ Houer vol stories.

(skildery:Google Images)9ac735927b406a6be33f817a2b1aae84

So baie verhale, saamgepak in een houer. Geseël.

Vandag sit daar so ñ verlatenheid in my binnekant. Nie regtig woorde om dit met iemand te deel nie. Net die weet van die paadjies wat ek geloop het voor die deure vanoggend finaal verseël is, en ek my foto kry.

Elke enkele van die tweehonderd-plus items is iewers uitgesoek. By ñ huisie of ñ winkel opgelaai. Iemand het ure lank, dae lank aan dit gewerk. Dalk gewonder oor die mens wat dit gaan raaksien en koop.

En vreemd genoeg, daardie mens voel vanoggend redelik alleen. Duisende kilometers van die hawe af, en ek wil grens.

Tweehonderd-plus stukkies van myself is in daardie container gelaai. ñ Boek vol aantekeninge lê hier op my skoot. Die laaste paar maande van my lewe.

Eers die beplanning en besluite, gelde bymekaar kry en som op som maak. Kliënte se prentjies probeer verstaan. Dan die oorvlieg, die soek na ander se drome. Kophou oor hoeveel artikels om aan te koop sodat niks agter bly nie. Die terugkom en wag. Probleme van hier af oplos, planne maak as dinge daar verkeerd loop.

My kop en emosies heen en weer laat swerf. Tot vanoggend.

(skildery:Google Images)b0e745ced4d11c99dd6677d3758383e4

Die vlegsel se rekkie is aangesit. Vasgedraai. Klaar.

En ek. Ek wil net grens.

Ai.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “ñ Houer vol stories.”

  1. Nou lees jy daai boekie oor en oor en dink oor die goedjies en dan – op n dag kom die skatkis by jou winkeltjie aan en kersfees breek aan. Die oopmaak van elke artikel en die onthou en die reuk en die lekker!!!!!!

    Like

  2. Nou weet al jou blog-tjomme wat ons EERSTE gesprek inni oggend, en LAASTE gesprek inni aand is . . .Nou was . . . Bly die boksie se kind is oppi water en op koers. EN nou beleef ons 2 hoe vinnig 6 weke rerig verbyskiet. Ons meet dit al jare aan “cargo op see”, en nie die maan of kalender nie ! Nee wag, laat ek dak slaan . . .

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s