Dit het toe plaasgevind.

IMG-20170429-WA0016

En ons het gejol.

Die saal was gepak, die heerlikste kosgeure het aangesweef gekom, en Grease het begin.

Binne oomblikke het dié van ons bo vyf-en-veertig opgevlieg en gewikkel. Wie kan nou bly sit as jou jongtyd ‘oor jou kop losbars’. Manlief het net so lekker op sy stoel gerittel, en uit volle bors saamgesing.

Van die jonger mense het redelik ge-amuseerd ons ouer geslag dopgehou, en toe besef dit is beter om in te spring.

Nodeloos om te sê, die uwe en oudste dogter het op die verhoog beland, eie “moves” of te nie. “It runs in the family”, hierdie vermoë om verlore te raak in ñ musiekwêreld en die inhibisies af te skud. Letterlik.

Oudste dogter het skoon vir haarself ñ oudisie losgedans. Beteken dit dalk ek het my kanse verspeel…?☺☺

Die aand was ñ reuse sukses. Ons klein Melodie Dining Theatre is vinnig besig om gewild te raak.

Wonder net effe oor my reputasie.

Ouma. Ma.

???

IMG-20170429-WA0021

Jip. Jy is reg. Dis ek op die swaai.

IMG-20170429-WA0018

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Dit het toe plaasgevind.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s