Wat?

(fotos:Google Images)22 Friends Pllaying Skipping Rope Street Art Ipoh-34

ñ Pedofiel. ñ Verkragter. ñ  “Abuser”. ñ Gewone persoon…maar met selfhaat.

ñ Potensiële gesinsmoordenaar.

ñ Seksueel gemolesteerde. ñ Molesteerder. Net-net ok. ñ Verslaafde. ñ Verkragter. En nog twee gemolesteerdes.

ñ Groepie van twaalf vriende.

In hierdie laaste paar dae lees ek briewe van twee bloggers wat as kinders gemolesteer en verkrag is. Ek kuier saam met twee manne vasgevang in hul bitter gekompliseerde verhouding.

Ek onthou weer my eie disfunksionele kindertyd.

Wat.

Wat de hel makeer ons. Wanneer het ons opgehou om mekaar te respekteer. Of was dit net nooit daar nie.

Lieg ons vir onsself.

Besef ons regtig hoe siek sommige van ons is. Wat ons aan ander doen.

Die verwoesting wat ons in lewens saai.

En dan. Dan stap ons eendag weg as vrygespreektes.

Ek weet. Ek weet ons God is genadig. Ek weet Hy het reeds vir ons sondes gesterf; dié wat Hom aanneem en hul sondes bely, hulle is gered.

Maar net soms, soos nou, na ek briewe van gebrokenheid moes lees, en iets positiefs probeer sê het.

Net.

Soms.
 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Wat?”

  1. Ek is jammer vir sulke mense, want ek glo dat baie van hulle hulself haat. Dis ook heeltemal verstaanbaar dat ander mense bang is vir hulle en hulle probeer vermy. Nog meer verstaanbaar is die seer wat die slagoffers ondervind. Ek weet nie altyd hoe om myself te handhaaf in so ‘n siek samelewing nie.

    Liked by 1 person

    1. Danie, deesdae kruip ek maklik weg vir berading. Dit is egter nie so makik nie. Mense in jou direkte wêreld is soms dié wat werklik hulp nodig het. En jy kan maar net luister. Dan op jou knieë gaan en hulle aan God opdra. Want antwoorde is skaars.

      Liked by 1 person

  2. Ek kon nog nooit simpatie hê met sulke “mense” nie. Dit gaan my verstand te bowe hoe jy willens en wetens mense se lewens so kan verwoes.

    Tot in 2010. Ek het vir gebedsterapie gegaan, en op die einde het ek meer oor my stiefpa gehuil as oor myself. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het nie oor hom gehuil nie, maar oor die klein stukkende bang en mishandelde seuntjie binne hom. Met daai seuntjie het ek bitter baie simpatie. Hy is maar net die produk van monsters (ouers) wat hom ook gefaal het.

    Regverdig dit sy dade? Maak dit my seer beter? ek het vir baie lank gevoel dat ek myself verloën het om hom te vergewe, maar tyd het sy manier om dinge sagter op jou hart te maak. Vergewe en vergeet is ongelukkig ook twee heeltemal verskillende dinge. Maar vergifnis maak die onthou net minder seer. Ek dink.

    Liked by 1 person

  3. Ja-Nee, dit is wanneer Gos se genade my peanut-brain te bowe gaan. Maar God die Vader sê as jy dit aan een van die geringstes van My gedoen het dan het jy dit ook aan My gedoen. Ek dink daai munt het twee kante… My hart was saam met daai blog waarvan jy praat stukkend vir daai arme vrou… Here, Here is al wat ek kon uitkry, toe wil ek een lang antwoord gee… van hoe God werk, met die skryf het ek besef ek het nie ‘n benul hoe God werk nie en ek het dit net uitgevee!!!! HURTING PEOPLE

    Liked by 1 person

    1. Dis die magteloosheid wat my so vang. Ek lees hoe sy sukkel in haar persoonlike wêreld, die keuses wat sy maak, en ek het net mooi niks om haar te gee nie. Dìt kry my soms onder. Jy sit met kennis en insig en selfs bietjie wysheid. En steeds vee ek ook al my kommentaar uit. Ek bly loop met ń huil in my binneste vir haar, maar ook vir ons almal. Vanoggend is dit ek en God en ń lang stiltetyd. Ek moet net weer vrede in my binneste kry.

      Liked by 1 person

  4. Jip, ek weet hoe jy voel.
    Daar kom soms so n woede in my oor onreg en seer wat blatant toegedien word aan onskuldiges. Regverdiging is daar nie, niemand hoe seer hy het, het die reg om n ander se menswees so aan te tas nie.
    Ek staan dom voor Vader se genade en soms verstaan ek nie die hoe nie, maak dit geen sin nie.

    Liked by 2 people

  5. You are dealing with deeply painful stuff here. I don’t know what all happened to you as a child. Thankfully, my childhood was spared from abuse, although my mother was poor and single parent, raising my brother and I. As for your images – you always seem to find rich and beautiful ones to accompany your thoughts!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s