Die lughawe sluit.

My kaartjie moes inderhaas aangepas word. Bali ‘sluit’ die volgende dag, en daar is ñ fout met my bespreking. Ek sit op Java en word lughawe toe gejaag.

Hoe nou? ñ Lughawe wat een keer per jaar vir vier-en twintig-uur sluit??

(fotos:Google Images)89058924

Ek het al oor Nyepi geskryf. Net nie alles nie.

Op Bali wag Wayan my in, en ons trotseer die vier-uur verkeer op ñ eiland wat teen ses uur se kant ‘toemaak’. Soos in geen karre, geen motorfietse, geen vliegtuie, geen mense op paaie. Geen beweging van enige aard in die openbaar.

Ligte af. Vir die volle nag en volgende dag.

Ek bly in die mooiste plek.

30b

En met dié dat hotelgaste dalk verontrief word a.g.v. Nyepi, kry almal opgraderings.

17382734

My kamer is droommooi, met sy eie swembad. Net ek, in die middel van die oerwoud, in die area waar Bali se eiesoortige geloof se oorsprong is. Gianyar.

17382694

Vir ñ klein rukkie is daar nog elektrisiteit, maar toe kom die donker. Kerse word aangesteek, buite is dit pikswart.

89058854

En net daar. Met die vreemde afwagting wat oor die hele Bali hang.

Tussen rysveld tempels en langs hul allerheiligste rivier, kom loer my God ook in.

Oorfone op my kop, my nuwe hebreeuse musiek in my ore. Die eerste keer ooit wat ek ñ cd van Paul Wilbur speel.

Hier, terwyl ñ hele eiland angstiglik in die donkerte sit en wag dat die demone van hul wêreldjie af moet wegtrek, kom Heilige Gees gemoedelik Sy opwagting maak.

Op die koue teelvloer, in die middel van my lieflike kamer, dit is dáár waar ek bly lê het. Want as Hy opdaag, weet maar, wíl jy neerkniel.

Vir ure en ure, terwyl Bali sy stryd teen die demoon menigtes voer, in ñ kersverligte kamer, gebeur die grootste wonder van my geestelike stap met my.

ñ Alleen kuier saam met my Vader.

Hier teen twaalf uur die nag is ek uit swembad toe. Weer gedoop.

Met net engele wat toekyk.

Woorde is nie genoeg om hieroor te gesels nie. Maar die onthou. Die aanhoor van Sy stem en die voel van Sy asem.

Dit. Dit alleen kan nooit vergeet word nie.

Dié Nyepi nag toe my Vader kom inloer het.

 

(Nyepi word een keer per jaar op Bali gevier. Hulle gaan hul Nuwe Jaar in deur ñ dag van stilte te verklaar. Die Hindu manier. Hulle glo dat die stilte sal veroorsaak dat demone, wat ñ jaar geneem het om op Bali te versamel, belang in die eiland sal verloor. Sal wegtrek na nuwe weivelde omdat daar nie meer opwinding te vinde is nie. So kan hul dan hul nuwe jaar skoon begin. As Christen is ons nie gemaklik met sulke gelowe nie, ek weet. Maar as Christen met my God by my, het selfs hierdie tydperk daardie spesifieke jaar, in my eie feesviering ge-eindig.)

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Die lughawe sluit.”

    1. Dit is voorwaar ń belewenis, Hester. Die stilte en die donkerte saam. Hulle noem die volgende dag ook hul familie dag, want jy moet in jou huis bly. Regtig ń goeie manier om ń nuwe jaar in te gaan

      Liked by 1 person

  1. Ja mooi plek waar jy gestilte is. Die beweegrede vir die stilte kan ek ook nie meer saamstem nie, maar die konsep van stil wees is natuurlik ook Bybels. Bly die Heilige Gees het jou kom herinner dat ons Heil nievdaarin lê om die slegte vsn ons te laat vergeet nie, maar in die oorwinning van Christus oor die slegte

    Liked by 1 person

  2. Ons ken ten dele . . . Gisteraand by n manne-groep luister ek weer na kommentaar (eintlik veroordeling) van alles wat Asies of nie-Christelik is . . . Ek bly maar tjoepstil, want ek weet van hoeveel sulke ervarings soos jou Nyepi ervaring . . . En ek WEET : HY is omnipitent ! Oral, altyd . . .

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s