Is dit werklik mý stryd.

(skilderye:Google Images)8d4991b3a9a75dd255195a44158f5f78

Hierdie prentjie het my lank laat dink.

ñ Baie nou spasie, nie eintlik die ideale plek om so ñ “pirate” skip in te wurm nie. Die mannetjie is hard aan die oefen; dalk om gereed te maak vir ñ aanval. Of dalk om net fiks te bly.

Dalk verwag hy iets onbekends uit die donker woude. Dalk ‘hoor’ hy goed, of verbeel hom hy hoor.

Soms raak ons as mens te vinnig betrokke in situasies wat nie werklik op ons eie roete lê nie. Neem ons ñ houding in van selfverdediging, of selfs een van aanval. Bevind ons ons in ñ sekere posisie, en dit is nie die regte plek nie. Nie vir my nie.

Dit is ñ ander een se ‘hawe’.

As ma sukkel ek regtig hiermee. Kry selfs nagmerries en word bekommerd wakker.

Ek ken so baie feite. Van ‘wag eers en hou jou daaruit.’ Van “hands off. Let go and let God”. Tog, ek maneuver my seerower skip totdat ek vasgekeer is en wapens moet uitruk. Al is dit ook net in my eie kop.

Daar kom tye dat ek behoorlik wil aanlê en skiet. Sommer so in die lug op, sodat kinders net kan hoor. Weer kan sien. Verdomp, moet skrik.

Maar dan weet ek, ek moet terug tree, en bly vertrou. Al raak dit lank.

Totdat God self Sy werk voltooi het.

l.GoldenMoment_LG

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Is dit werklik mý stryd.”

  1. Ek sien dit weer anders. God is die hawe. Die kaptein van daardie skip is jy. En daar sal jy moet bly, gereed om te verdedig ja, maar beslis nie om aan te val nie. (Seerowers val mos op die oop see aan). Bly jy maar in die hawe solank as wat jy nodig het om daar te wees (selfs seerowers moet proviand en vars water kry… en die skip ‘n bietjie herstel ook). Laat jou bemanning nou maar om die hawe rondswerf om te soek waarna hulle ookal nodig het om te soek, voor hulle weer op die skip klim. Fix jy intussen die seile en check vir waterlekkasies en kry die voorraadkamers gereed. Maar bly in die hawe. Vat jou tyd. Noah het ook nie die ark oornag gebou nie – wat nog te sê ‘n skip herstel wat reeds deur ‘n storm gegaan het? Eventually sal almal wel hulle pad terugvind uit die oerwoud rondom hulle – en dan sal hulle wel onthou: daar is ‘n skip wat wag.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s