Ouma, ons is uitverkoop!

wp-1493974726502.jpg

Ag ek weet, hierdie is nou defnitief ñ ouma wat spog. En ja, ja, dalk is dinge bietjie onregverdig, want wat van die kindertjies wat nie winkel-oumas het nie.

Dit is so, baie kinders het nie geld om speelgoed te koop nie, hoe moet hulle nou voel.

Tog, ten spyte van enige kommentaar…

My hart jubel van blyheid. Nathan se winkeltjie het vanoggend by die skool binne minute uitverkoop! Ouma se baie, baie ‘cool’ agtjarige seuntjie-kind.

Sien…

Hy is MY kleinseun, het die eerste drie jaar van sy lewe by sy ouma in die winkel groot geword. ñ Winkel baba. Op amper drie het hy sy eie verkoopshoekie gehad. Ouma het wel die kliënte ‘omgekoop’ om by hom te koop,☺, maar die mannetjie het baie belangrik gevoel.

Wat ouma deesdae doen, is om ñ tas vol klein ‘goedjies’ in Bali aan te koop, vir die entrepreneurs-tafels. Kyk, daardie is nou ñ heerlikheid. Ek dwaal ure rond op soek na interessante items wat klein lyfies sal kan geniet. Vandag se seuntjie-tafel het houtkarretjies, ketties, bote, panfluitjies, pinnochio potlode en skilpadjies op gehad.

Net so opgewonde soos hy, het ek met ñ tafel onder die arm om nege-uur by die skool ingeklok. Met verstomming het ek dié petalje gade geslaan. Wanneer het hy so slim geword!! Sowaar self al die somme gedoen, en self kleingeld uitgedeel. Ander ouma Kaap is ñ bankbestuurder, so dit maak sin.☺

wp-1493978545506.jpg

Met ouma wat agterlangs staan en pronk en haar verlustig in die gesels wat uit so ñ seuns-mond kom.  Defnitief die mooiste en liefdevolste en slimste en dierbaarste kleinseun in die hele wêreld!

My hart se punt.

(gelukkig het my hart ses punte)

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

23 thoughts on “Ouma, ons is uitverkoop!”

  1. Goeie hemel maar hulle het ‘n bak ouma – ek sukkel my alie af met die dae, en sê vir Elaine ons is die “shoppers” wat die ander ouens se harde werk die moeite werd maak. Maar my poging met entrepreneursdag het gesneuwel toe my kinders in die Laerskool was met my poging om toffie appels te maak, wat teen die einde van die dag soos stroopappels gelyk het…. en die ene taai gemors was, waaroor my kinders nou nog lag.

    Liked by 1 person

      1. Ai, Una – dis ‘n moeilike tyd van pynlike verandering. Ek gaan teen die helfte van Junie vir 2 maande na my kind in die VSA toe, want sy – soos jy dit so mooi in jou onlangse inskrywing gestel het – “het ‘n mamma-lyf nodig.”

        Liked by 1 person

      2. Ek is so jammer om te hoor dat dinge nie goed gaan nie, Frannie. Daar is niks wat ons ma-harte so lam laat soos wanneer ons kinders swaarkry nie. Ek het ook ñ situasie met my een dogter op die oomblik, en dit los my nie ñ oomblik nie. Sterkte vir julle, jong.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s