My blok mense.

c421223772c8754eb47405205f12a1a6

Ek het ñ kamer in my hart. ñ Kleurvolle kamer gevul met ‘gedagtes sonder gesigte.’

Die patrone verskil. Die vorms is elkeen anders as die ander. Elk met ñ anderste naam; daaraan is my ‘weet’ gekoppel.

Ek koester my kamer. Soggens vat ek die sleutel, vroeg, en sluit oop. Laat die vars oggend lug inkom en volmaak. Die vars nuwe daglig op elke ‘gedagte’ skyn.

Niks hier binne is net ‘terloops’ nie. Daar was beplanning sonder aanwysings. Alles het sy plek.

My kamer.

Ek nooi nie sommer ANDER in nie. Want ANDER sal nie weet nie. Sal nie kan hoor sonder baie woorde en baie woorde nie. En steeds nie reg sien nie.

My kamer en my ‘gedagtes sonder gesigte’ kan ek nie oor sê nie. Want die sê is tussen my en hulle.

En so sal dit bly. Want hulle is kosbaar.

Vir my.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

30 thoughts on “My blok mense.”

      1. Haai nooit… Jy skryf so mooi dat ek gewonner het of daar nie dalk feetjies in die sprokieskamer skuil nie. Ek het twee vir my jongste meisiekind (bosfeetjie en weersiens) oor hulle geskryf toe ek diep in die oerwoud van Gabon gedwaal het. Party plekke voel net of hulle daar hoort…

        Like

      2. Nooit. Jy skryf so mooi oor jou spesiale plek dat ek net gewonner het… Dit voel partykeer of feetjies hoort in spesiale plekke/oomblikke, soos toe ek in Gabon se oerwoud rondgedwaal het. Het selfs vir my jongste meisiekind daarvan geskryf en vertel in my blogs “Bosfeetjie” en “Weersiens”.

        Like

      3. Nooit. Jy skryf so mooi dat ek net gewonner het. Feëtjies hoort op spesiale plekke soos die Gabon oerwoud waar ek rondgedwaal het. Ek het vir my jongste daarvan geskryf in 2 blogs “bosfeëtjie” en “weersiens”.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s