Om wyer te kyk. Maar ook nader.

(skildery:Google Images)img21431249325

Dit bly ñ mens-ding. Hierdie vaskyk teen ñ situasie en dan mis ons ñ hele paar ander belangrike dinge.

Die hiasinte op ons dam raak nou ñ baie groot probleem. Twee en dertig persent van die dam is toe onder die plant. Teen vyftig persent word dit as ñ krises gesien. Ons kyk vir mekaar en skud koppe. Maak geluide en lees weereens die statistieke. Wat gaan van ons word! Eiendomspryse val; die gastehuise bly leeg; eetplekke maak toe.

Ons klim op hoogtes en neem fotos. Staan verstom oor wat voor ons oë aan die gebeur is.

wp-1494240732095.jpg

Hierdie is Januarie voor ons huis geneem, van die boonste stoep af.

wp-1494240637426.jpg

Hierdie is so drie weke gelede geneem nadat manlief ons baai afgesper het.

Genoeg om ons bitter moedeloos te laat…tot ons bietjie nader beweeg.

Stap tot by die water, en jy staan verstom. Dis silwerskoon. En dit krioel van duisende klein vissies. Hoe dan nou!

Vanoggend het die ‘groen monster’ aanbeweeg na ñ verdere area. Voor my strek die blink watermassa uit, met eende en voëls net waar jy kyk. Dit duik en kwetter, dans in die lug rond. ñ Skool vissies skitter net onder die oppervlak, in die son se weerkaatsing.

En ek sien tot op die bodem van die dam.

Hierdie ‘groen monster’ is besig om ons besoedelde dam skoon te vreet. Ja, dalk té skoon. Maar huidiglik ervaar ons ñ voëllewe soos lanklaas vantevore. Die Slanghalse duik sonder ophou. Die vislewe floreer.

Die water is werklik silwerskoon.

Seker sal die slim mense al die gevare kan uitwys. Al wat ek weet, is dat die damwater hierdie laaste agt jaar vandat ons in Kosmos woon, nog nooit so deurskynend was nie.

Ek besef net weer. Mens staar jou soms blind teen jou omstandighede. Situasies breek jou moed. Jy kyk om jou rond, klim hoër op om ñ moontlike oplossing te vind.

Maar soms, soms, moet mens net ñ klein treetjie gee. Nader.

Jy ‘sien’ dalk raak wat onder die oppervlak aan die gebeur is.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “Om wyer te kyk. Maar ook nader.”

    1. Elanè, daar is glo ñ plan. Hoor ek. Ons vermoed net dit gaan eers ge-implimenteer word wanneer die dam ‘krises stadium’ bereik. Teen 50%. Daarna hoef dinge nie eers deur die kanale te gaan nie, die tender ding nie. Iemand gaan net aangewys word en die geld beskikbaar gestel word… Ja, ek hoor jou.

      Liked by 1 person

      1. Dis glo te laat om op ñ klein mate teen die monster te veg. Geld is klaar daarvoor ge-allokeer. Kyk, hier is baie groepe wat iets probeer doen. Ons baaitjie het vyf ouens op die ou end 5 dae gevat om skoon te kry. Die plante is regtig baie swaar, wens ek kon nou vir jou die nuutste statistieke gee. Sal kyk of ek iewers kan kry.

        Liked by 1 person

      2. Kan mens dit nie soos waterblommetjies eet nie, miskien dan sal dit vinniger tot niet gaan. Anders kan die Chinese dalk een of ander wondermiddel daarin kry en sommer dit vir julle kom oes. Vrek dit is erg.

        Liked by 1 person

      3. In Indonesië maak hulle die allermooiste geweefde patio meubels van hiasinte. Ons het op ñ stadium so iets voorgestel, maar die gewone ou se idees word nie na gekyk nie. Dan is dit blykbaar baie goeie ‘brandhout”. Soos as mens “briskets” daarvan maak. Alles peperduur inisiatiewe.

        Liked by 1 person

  1. Hier in Benoni aan die Oosrand,waar ek woon,het ons verskeie mere.Op ‘n stadium was twee van hulle heeltemal toegegroei.Gelukkig het die stadsraad ‘n tipe baggerboot gekry en die mere skoongemaak.Dis egter net ‘n tydelike oplossing en die ander meer naby ons is ook deesdae grasgroen.Verlede week was daar ‘n bootjie met werkers,besig om dit uit te vis.Hiasinte kom van Brasilië en is die stapelvoedsel van capybaras.Miskien moet ons ‘n paar van hulle invoer…😄

    Liked by 1 person

    1. Kyk Perdebytjie, iets gaan gedoen moet word. Oral om my is vergaderings aan die gang, en daar is ñ plan. Ons vermoed net dat hulle wag tot dit ñ krises fase bereik, dan hoef daar nie deur die gewone kanale gegaan te word nie. Goed en sleg.

      Liked by 1 person

      1. Die verwydering van die goed,moet ook op ‘n sekere manier geskied,anders skiet hulle weer saad en is alle pogings futiel,tot daar weer ‘n krisis is…dit hou net aan en aan.

        Liked by 1 person

  2. So baie lesse : Die ekologiese sisteem wat beslis baie baat vind, soos Una genoem het. Interessant dat daar beslis uiteindelik 20% vd hiasinte gehou gaan word (12% minder volume as tans…) net om hierdie ekologiese sisteem wat nou te vooskyn gekom het, aan die gang te hou. Les 2 : Weereens wag ons tot dit krises status bereik, alvorens die senior besluitnemers dit OOK besef. Les 3 : Wat ookal as oplossing gaan opduik . . . Hiasinte – droog of nat – MAG NIE vervoer word nie ! Daar is wet daarteen. Dus MOET die oplossing hier opi oewers gevind, en ge-implimenteer word.
    Statistiek : Hiasinte se gewig per hektaar : 260 ton. 75% van n hiasint se gewig is water en binne 12 uur nadat dit uitgehaal is, is dit slegs sowat 10-15%. Om die dam rehabiliteerbaar te maak, moet daar VOOR die lente weer aanbreek, ongeveer 30-50 000 ton per maand verwyder word (x 4 maande . . .). As die plan gaan sentreer om hande-arbeid, gaan ons dit nie maak nie. As dit n gemeganiseerde proses gaan wees, is ek SO nuuskierig om opi oewer te gaan sit en braai . . . en loer !

    Liked by 2 people

  3. Baie goed gestel! Is dit nie fantasties om net niks te doen en dan gebeur die miracles hier om ons nie!?!? Geniet om jou blog te lees, kan nie wag vir die volgende dag s’n nie! Gretig om te sien wat op jou pen se hart is😀

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  4. Ek dink die groot probleem met die implimentering van n verwerkings aanleg of proses is juis dat aarbeid in Suid-Afrika vandag duur is.
    Klink belaglik as jy na doe armoefe probleem kyk, maar n onmiskenbare realiteit.
    Dankie Bertus vir die statistieke. Ek kom braai saam as daai meganisasie proses geskied.
    Jy praat waar Una, ons kyk baie keer maar ons sien nie, net omdat ons so vas kyk teen een ding, kruppel dit ons.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s