En wat daarvan…ek het stokkies gedraai!

Jy lees reg, ek het opgestaan, mooi aangetrek, werk toe gery…en teruggekom. Wel ok, oppad terug het ek by DIE MALL gestop en goedjies gaan koop. Soos in mooimaak dinge vir ons buitenste gastekamer. Baie goedjies. Mmm. Dit val defnitief glad nie binne hierdie maand se “budget” nie. Maar ek het.

En dit was lekker.

Vinnig in ‘verf klere’ ingespring, en die gaste badkamer ‘ge-tekkel’. My woord.

Ons trek nou by half-elf vanoggend. Hier kom die skok.

Ja, ek is toe nie volmaak nie, ek weet dit lankal.

En ek is SO ok daarmee. My Marinda maatjie op die oomblik daar in Sjina, ek mis jou.

Ek besluit toe, witwyn, hier gaan ons. Baie ys.

Manlief het ñ JBL ding by sus present gekry…dit lyk soos ñ klein ‘alien-skippie’ ding. Jy sit hom aan, vat jou selfoon, en sowaar! Hulle praat met mekaar, en jy luister jou musiek! Kliphard. Net so hard soos jy lus het! En met dié dat Huishulp nie op ñ Dinsdag werk nie, is ek ALLEEN. Net ek met my eie TOP TIEN liedjies.

SO HARD AS WAT EK WIL.

Terug na die witwyn. Elf uur op ñ Dinsdag oggend. Die res van julle moet werk, en ek hou my eie, eie verf/badkamer mooimaak/ asemhaal “party”.

Hoop ek skok iemand.

1273ed752f6256821967324bba2f1d6d

Ek is glad nie volmaak nie. Ook glad nie een van die slimmes nie, Natasja.☺

Op die maat van MY musiek, het ek geverf. En spykers ingeslaan, en goedjies gehang. En gewyn.

Wat ñ heerlike “party”. Ek beveel dit vir alle mense bo vyf-en-vyftig aan. Want jy het bitter baie onthoue agter die rug. Mense in jou wêreld is al dood. Van natuurlike omstandighede. Flip, dit sê baie.

Daarom die witwyn. Jy kan NIE stokkies draai, jok oor hoekom jy jou winkel nie oopmaak nie, die straat tot stilstand bring met jou klipharde musiek, jou HELE gastekamer ronddans op JOU musiek, verlang na jou vriendin in die Kaap (Hannelie) en in Amerika(Edelgardt) en in Pretoria-Noord (Estelle en Riëtte), en my ander kleinsus Annerie nie, en dan jou man bel en sê ‘net dalk moet hy huis toe kom vir ñ sterk koppie koffie nie;’ sonder om  iets uit die wingerd ‘te neem’ nie. En let wel, ek is ñ rooiwyn drinker.

wp-1494337549944.jpg

Ek het hard gewerk. En hard ‘gespeel’. Op my eie. Sonder om enige reëls te verbreek.

Enige een wat hier lees, was so baie welkom om my te kom ‘join’. Ons het almal ñ wegbreek/uitbreek nodig.

Want ons is ‘net ons’.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

31 thoughts on “En wat daarvan…ek het stokkies gedraai!”

      1. Ek skryf tans maar min…te veel in my binneste om te verwerk…’n interessante “contemplative” tyd. En, ek dink graag voor ek se…dankie vir mis van ons chats…soon dear friend, soon.

        Liked by 1 person

  1. Ek mis jou ook! Dis al na 1 uur in die nag hier
    …en nie omdat ek kon stokkiesdraai of wyn nie…. net nog 1 dag dan alweer verder vlieg Thailand toe!! en ek moet nog voor ek gaan slaap al my rekenaarwerk doen. Ek dink die oor 55 begin nou te vat aan n mens… Ek dink ek n dag of 2 langer in elke land nodig!

    Liked by 1 person

  2. Dit is waaragtig nodig om so nou en dan die knoop los te maak! En hoe dan nou anders as om skeppend te raak. Welgedaan Una, ons is oud genoeg, wys genoeg en gek genoeg om elke dan en wan net uit te breek. Dit is skadeloos maar goed vir die siel 🙄😏😁😄

    Liked by 1 person

  3. Okay, die badkamer lyk mooi en daar is geen tekens van wingerd foute nie! Welgedaan🌟🌟🌟🌟🌟. Ek geniet jou skryfstyl so so baie. Ek wil ook stokkiesdraai.

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 2 people

  4. Great pictures (as usual) Love the Frog caption! You are certainly a “Party Girl”!! Where do all your thoughts come from to tumble out from keyboard to blog?? Have you heard it said that men’s minds are like “Waffles” while womens minds are like “Spaghetti”? I think Una has a double helping of spaghetti. haha.

    Liked by 1 person

    1. Well Michael, I just needed a day off. To vent. So I closed up my shop, came home, and had my own little party. While painting the guest room. It is therapeutic, I can assure you. Just a ordinary middle aged lady having fun on her own while the music is playing. Better than taking antidepressants, don’t you think?

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s