Ja, ek onthou nog baie goed.

(skilderye:Google Images)vincent-van-gogh-houses-in-auvers

Ons het in Pinetown gebly tydens meeste van my laerskool jare. So effens op ñ koppie teen die verste uithoek van die woonbuurt. Agter ons was plase, wat net aan en aan gehou het as jy regtig wou kyk.

Die huis het soos al die ander gelyk. Met albei ouers in die onderwys, was geld maar skaars.

Tog, daar wás genoeg van alles. Veral wat die verbeeldings wêreld aanbetref. Daar was net nooit genoeg ure na skool nie. Soveel ‘stories’ om te speel, soveel maatjies.

Goeie tyd. Nie beter as ander nie, maar dié is die tyd wat ek die beste onthou. Selfs die detail. Presies waar ek elke pop op die rakke gebêre het. Waar ons groot bome gestaan het; die kleur van my fiets.

c13aff9ca9876e80e55d1daf3483abe7

Ons huis het ñ mooi hoekie gehad. Wel net een, maar altyd spesiaal uitgestal.

Dit was my kasteel. My veilige plek.

Langspeelplate het my lewe oorheers. Liedjies soos Die Lappop kon die trane laat loop. Ons het gesing en gedans soos ñ egte “Von Trapp” familie.

Vrydag aande was dit in-ry tyd. Met ñ kermis bed agter in die kar, en elkeen sy tupperware bakkie vol kerrie en rys.

towards-the-house

Ek wonder oor ons huis. Na soveel jare, sou ek ñ stukkie van myself daar kon opspoor? Sou die mure my onthou?

As ek deur die venster kon loer, sou daar nog ñ splinter in die deur agter gebly het met my naam daarop?

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Ja, ek onthou nog baie goed.”

  1. ń Mooi nostalgiese stuk. Laat my verlang na die een herinnering van so ń familiebed agterin ń stasiewa by ń in-ry ek was so ses jaar oud, saam my tannie, haar oom en sy kinders (my tannie se niggies en neefs). Was een van die min normale gesinsaktiwiteite wat ek beleef het al was dit nou nie saam my gesin nie. Nogtans iets waarvoor ek ewig dankbaar sal wees….

    Liked by 1 person

  2. Lekker om so terug te dink. Ons het op n plot in Kuruman gebly. Met die water van die bekende “Oog” wat deur ons plot geloop het. Jare later ry ons eendag deur die dorp en dink ons gaan kyk hoe lyk “ons” huis. Groot was ons verbasing toe ons sien alles is plat geslaan en daar is n groot woonstel kompleks nou daar gebou. Dan sukkel ek om my prentjies van hoe dit gelyk het, bymekaar te hou.

    Liked by 1 person

  3. It’s good to hear your wonderful memories of childhood! Mine was pretty good too, although my younger brother and I were raised by our single-parent German mother, so we were pretty poor as well. But I remember doing lots of wandering and exploring and searching for empty pop bottles I could exchange for candy.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s