Vreesloos. Of net onkundig?

(fotos:Google Images)239675__big-wave-surfing_p

Daar ís dinge waarvoor ek bang is. Veral die onbekende. Sê nou…

Dan is daar dinge waaroor ek nié loop en top nie. Ander kan maar; ek nie.

Vanoggend oppad werk toe wonder ek daaroor. Gaan dit oor blootstelling? Die “been there done that got the t-shirt” effek?

Of het dit te doen met ‘fiksheid’.

ñ Branderplankryer. Hy het nie net op ñ dag die see ingevaar en die golwe aangevat nie. Hy moes eers leer oor die ‘lees’ van die oseaan. Dit het tyd geneem en deursettingsvermoë. Opklim en afval. Weer probeer.

Nooit sal hy 100% net doen nie. Tog weet hy op ñ stadium wat hy kan. En ñ sekere selfvertroue skop in werking.

Voor hy bekende of onbekende waters instap, weeg hy al die opsies teen mekaar op. Neem hy ñ besluit.

“And then live with his choices.”

28

Ek is doodbang vir Bali se heilige ape. Vir alle ape, heilig of nie. Hulle is skelm, regtig agterbaks, en hulle byt.

Is dit my keuse om deur die Monkey Forest te stap? Daar waar dit van hulle krioel? Ja.

My keuse. Was ek dalk ñ aap-afrigter; het ek aap-geluide verstaan, sou jy my daar vind besig met navorsing.

Sou ek my veel steur aan diesulkes wat ñ aap vrees? Nee.

Hoekom nie?

Ek ken hulle. Ek het geleer oor hulle. Ek het op ñ dag besluit om hulle te bestudeer; om ñ tesis oor dié spesie te skryf.

So, loop ñ bangbroek Una iemand soos ek in hierdie oerwoud raak, en sy begin my vertel hoe vreesagtig gevaarlik hulle is, hou ek verby. Waai vir haar.

Dit was mý keuse. Ek het feite teen mekaar opgeweeg en toe besluit. Ek ken die voor-en-nadele van my keuses.

So as dié Una terug by die huis uitsprake teen my keuses lewer, want dit is vir haar ñ lewenstaak… lees ek dit net nie. En ontstel my nie daaroor nie.

My keuse, my gevolge.

En indien die branderplankryer die groot waters blindelings aanvat, nié die instruksie boek lees nie, en die golf ry.

Sál hy sy nek breek.

jax beach rescue 1_1460835920258_3770236_ver1.0_640_360

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Vreesloos. Of net onkundig?”

    1. Danie, dis soos wanneer ek gedigte lees. Ek verstaan gewoonlik glad niks van wat bedoel word nie. Maar kom ek verduidelik wat hier gebeur. Dit gaan oor my wat sin probeer maak vir myself oor ń kwessie wat my pla. Ek lees ń post op ń blok, en lewer nie kommentaar nie. Vir my gaan die onderwerp oor lewenskeuses, hoe jy ook al daarna kyk. Keuses wat nie vir almal, of vir alle instellings aanvaarbaar is nie. Maar dit bly ń individuele keuse, dit is nie op jou afgedwing nie. Jy voel dit is die uitweg vir jou. Vir jare deurdink jy hierdie rigting wat jy gaan inslaan. Asook die gevolge. Soos met die surfer, toets jy die waters. Dan neem jy die stap want jy voel dit is reg vir jou, jy sal ‘face’ wat hierdie keuse gaan meebring. Soos met egskeiding. Die gevolg daarvan hou nooit op nie, ek is self daardeur.

      Ek wou in hierdie post iets vir myself uitklaar. As jy die keuse maak, hoekom jouself bly verdedig. Al val wie jou ook al aan. As jy in jou keuse glo, en ń ander nie, waarom die ander veroordeel wat jou veroordeel. Wie de joos wen daardeur. Jý kies, live with it. Moenie ander wat ń eier lê oor jou wel deurdagte keuse dan ook wil aanvat nie. Stap weg. Anders twyfel jy mos self in jouself.

      Liked by 2 people

  1. MAW wie nie ore het nie moet dan maar voel. Min mense steur hulle aan diegene wat hulle waarsku met die woorde, been there, done that… al wys jy hulle die merke sodathulle dit met hul eie oë sien, sal hulle nogsteeds eiewys wees en maak nes hulle smaak… ongeag die gevolge! En al wat ek en jy dan kan dink, lw dink, en nie sê, as jy help om skerwe bymekaar te maak, told you so!!!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s