So jý dink nie so nie?

(Fotos:Google Images)19808205542_f0c3f49477_b

Stel jou dit voor. Om hier te kan oudword.

Ag nee, hoekom sal jy op water wil bly! En waar is die tuin; die bome! Sien jy die onheilige Hindu krone op die dak! 

‘Die uitsig… Om op ñ gemakstoel te kan sit en dít elke dag voor my te sien uitstrek… Man ja, daar hoef nie bome te wees nie. Net die seebries. En ek gaan nie vir altyd wil tuinmaak nie. Die plaveisel is reg. Vir my. Die water…dít is waar jy my meeste van die tyd gaan aantref. Selfs al kan ek die dag nie meer rondstap nie. Dan skuifel ek tot op die randjie, en gly in. Hemels.’

Krone? As hulle nie afwaai en op my kop val nie, kan hulle net daar bly.

1315255306_So_Cute

So jy en Bertus sal sowaar in só ñ huis kan bly? 

Ek is regtig dankbaar dat ons as mensdom verskil. Sulke gesprekke stimuleer my, want dit is heerlik om ñ kykie in ñ ander ou se prent-wêreld te kan inkry. Gewoonlik moet ek keer om nie op ñ stadium te lag nie. Ons vat ons eie idees so ernstig op; wil alewig ñ ander oortuig dat sý mening gek is.

Soos die toilette in die ‘ander’ lande.

Ek sit defnitief nie op só ñ ding nie! Nee, gee my maar eerder ñ Westerse normale gerief.

1_123125_2093564_2243695_2264310_100826_sci_squattn.jpg.CROP.original-original

Interessant, die ‘ander’ lande se mense sukkel baie minder met hardlywigheid en aambeie as ons.☺

Ons vriendekring is baie divers. Baie. ñ Klomp sterk, uitgesproke karakters bymekaar. En almal verskil hemelsbreed van mekaar.

Tog, daar is ruimte vir die ander se gevoelens. Daar is respek en liefde. Meestal begrip. Want ons het die paadjies al saam deurgetrap. Tyd saam spandeer. Geluister, en soms saam gebid.

Waarom is ons bang om te verskil. Om anders te voel. Of hoekom sal ons mekaar blatant probeer verander.

11111

Jesus se dissipels het persoonlikheids gewys só van mekaar verskil. Tog, Hy het hulle met die hand uitgekies.

Here, mag ek ñ ander mens deur U oë raaksien. Mag ek sy anderheid respekteer.

Lê U liefde vir my naaste elke dag opnuut in my hart.

Amen.

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “So jý dink nie so nie?”

  1. Jip . . . amen ! Ek dink eintlik dis n tipe van “gawe” om daai spasie vir n ander persoon se verskille in jou wese te kan aanvaar. Ek wil byvoeg : Die beginsel wat ons ons kids geleer het was altyd “. . . and even if you ARE right, but your attitude is wrong . . . you are wrong” . . .

    Liked by 2 people

  2. Ek love mense wat anders is as ek! Hulle fassineer my en ek argumenteer nie sommer met hulle oor hulle andersheid nie. (Ek argue veels te veel met myself 😉
    Ek hou van die ‘attitude is wrong’ beginsel. Dis nou ‘n waarheid as ek ooit een gehoor het!
    Terloops – ek ‘squat’ op vreemde toilette – ek kan myself net nie kry om ‘gemaklik’ te raak daarop nie 😀
    Ook sal ek met gemak in so ‘n letterlike ‘eiland’ huis kan bly. Al wat ek regkry om te groei én te laat blom, is kaktusse in potte.

    Like

  3. Ek love mense wat anders as ek is, en hou daarvan om uit te figure wat iemand laat ‘tick’. Ek argumenteer selde, tensy ek op my uiterste gemak is met iemand en (gedink het ek) weet hoe hulle aanmekaar gesit is. Ek sukkel met inconsistent mense (daai wat hulle opinie verander soos die wind waai).
    Ek ‘squat’ op vreemde toilette en ek vrek oor jou ‘eiland’ huis idee. Al plant wat by my groei en blom is kaktusse en vetplantjies – die geduldige soort 😉

    Liked by 2 people

  4. Weereens, anders is nie noodwendig verkeerd nie. Anders maak die lewe interessant.
    Ek sou kon leef met n huis so op die water, op n bewolkte reenerige dag, wikkel ek my in n kombers toe met n lekker boek, sal so nou en dan op kyk om die reenslierte te betrag.
    Sal tog n pot of ses neersit met plante.

    Liked by 2 people

  5. Amen. Dit is so n bevryding om te mag verskil. Ook n groter bevryding om nie die ander te probeer oortuig nie, net te smile en hoop dat hy/sy weet dat jy sy mening ook respekteer. (Word ongelukkig nie altyd so gesien nie maar wat, ook sy reg om nog te groei)

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 2 people

  6. You’ve expressed your thoughts about accepting “otherness” very well. Great toilet example! It reminds me that I have brain constipation – not enough fibre in my thinking. haha. The kitten with the gun – how did you take that picture – was that your neighbour’s ducklings. The pool – I love being submerged in water – rather have a bath than a shower – I was hoping one day to take some scuba diving lessons.

    Liked by 1 person

    1. Michael, I am totally not a photographer. Most of my photos are from Google Images. You will see, I put (fotos:Google Images) at the very top of my posts. My own pics are usually the ones that is not good.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s