‘Die keer met die sampioentjies…’

selfoon fotos 533

Onlosmaaklik. Maak ñ sin daarmee…

‘Tot my skok en verbasing besef ek vanoggend dat Indonesië onlosmaaklik deel van my lewe is. My geskiedenis.’

Soos in die tv reeks Friends kan ek ook sê: DIE KEER MET DIE…

Dalk klink dit nou vir iemand anders verspot, dié dat hierdie besef my nou eers tref, en bietjie ruk. Maar dit het en dit doen. Nie op ñ slegte manier nie, maar op ñ finale manier. Eendag gaan iemand iewers na my verwys as die vrou, sy het so ñ anderste naam gehad, die een wat altyd in Bali was, weet jy van wie ek praat?

Nou ja, daar was die keer toe ek die miniatuur sampioentjies ontdek het. In my hotel kamer aangekom, die mooie plek ingeneem, en toe iets wonderliks waargeneem.

selfoon fotos 513

Op die stoepie, agter teen die muur. Ek het nader gestaan.

Soveel detail. So asof die prentjie net vir my daar opgestel is.

selfoon fotos 530

Dit was die tyd toe mamma besig was om dood te gaan. Stadig en seer. Lewerkanker doen dit. Vyf-en-ñ-half maande lank van begin tot einde.

Die sampioentjies het vir my gewag. So om vir my iets spesiaals te gee. Voor te berei vir dit wat voorlê.

Moedersdag het gekom en gegaan. Ek was nie hartseer nie, ek weet waar my ou moeks is.

‘Die keer met die sampioentjies…’

Dít was my en mamma se episode.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “‘Die keer met die sampioentjies…’”

    1. Kyk, vanaand is ek bietjie op. Kleinste seuntjie liefste is vanoggend in die hospitaal opgeneem met sy slegte longetjies. En ouma se grys hare het binne ure meer geword. Daarom dat vanoggend se post nou eers opkom. Verlang ek nou eers na my ma. Sommer net.

      Liked by 1 person

      1. Ek en sy sussie van 4 is nou alleen by die huis. Sy speel dress-up met ouma se klere, en ons twee dans op MY top tien musiek lys. Ons eie party, terwyl my hart in die hospitaal is. By haar kleinboet en jongste dogter.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s