My geheime wegloopplekkie.

Diep in die woud, ver-ver hiervandaan.

hotel-tjampuhan-spa

(Sowaar ja, alweer ape. Maar hulle sit doodstil; uitgekap in die rotse hang hulle versteend.)

Jy kom so amper terloops op my spa af. Op en af met honderde trappies.

hotel-tjampuhan-spa (1)

Hierdie is my skelm bederf, aan Una van Una. Iewers sal ek die tydjie afknyp, en dan vir ñ halfdag verdwyn.

Die vuurwarm bron het ñ lewe van sy eie. Hy wag jou in, altyd met ñ bietjie agterdog, totdat hy agterkom jy kom met ñ oorgawe. Dan heet hy jou welkom.

Jy weet nooit alles nie. Ontdek kort-kort ñ nuwe hoekie, ñ ander stroompie.

12-tjampuhan-spa-cave-via-mojo_minx

Ek vra nie uit nie. Wil net ‘wees’ en ‘voel’ en ‘laat los’. Sommer alles. Sodra die water té warm raak, tuimel mens tussen die ys in. Yswater. Goed vir die bloedsomloop, word gesê.

Met die terugstap voel ek vars. En nuut. Ek sal telkens stop en terugkyk, maar die woud maak weer toe. Bewaar my geheim.

Tot ñ volgende keer.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “My geheime wegloopplekkie.”

    1. Ek dink dit is omdat my “container” einde volgende week hier gaan wees, dat ek op die oomblik weer in Bali ’rondkuier’. Terwyl ek die 2 maande moet wag tot dit hier aankom, voel dit asof my werkswêreld behoorlik “on hold” is. Soos om “in transit” op ń lughawe rond te hang. 🌹

      Liked by 1 person

      1. Dit dobber nogal lank op die see rond, maar ek neem aan hulle doen aan by ‘n hele klompie aflaaipunte. Sal dit nie wonderlik wees om so ‘n lang reis op ‘n vragskip mee te maak en in elke hawe te kuier nie? Ons het ‘n “app” waarmee ons vragskepe dophou wat hier verbyvaar en dan bespiegel ons lekker oor hulle inhoud en herkoms.

        Liked by 1 person

      2. Ek weet van ń familie wat eenkeer plek op ń vragskip bespreek het. Stem saam, dit mot baie interessant wees. Sal saam met julle diè speletjie kon speel. Hou dop, my container kom dalk verby gevaar.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s