Kom ons laat blaas die perde ñ bietjie…

wp-1495455372674.jpg

Met ander woorde, ‘kom ons rus ñ rukkie.’ (ek moes dit gaan opkyk, hoor)

Donderdag laatoggend bel oudste meisiekind: Ma, kan ma dalk vir…waar is ma? In Bothaville, my engel.

Wat? Hoekom?

Ons het bietjie afgevat, is by die Nampo Landbouskou vir die dag.

Stilte.

Hoekom? Om wat te doen? Is iets verkeerd?☺☺Wat doen julle daar!

wp-1495454944885.jpg

Ons, wel ons kyk op die oomblik na die mooiste beeste wat ek nog ooit in my lewe gesien het. Ek stuur vir jou gou ñ foto…

Ma.

Ja.

Moenie, asseblief.

wp-1495455092554.jpg

Is mamma seker julle is ok?

Wat ñ heerlike dag. Vroeg-vroeg die pad gevat, drie en ñ half ure later koop ons ons eerste worsbroodjies. Ek en Bertus, vriendin en haar man. Nie een se familielede het plase nie, nee. Maar ons oe en a uit volle bors, lees elke kampioen se volledige geskiedenis deur, vergaap ons aan die implemente en lag vir ons manne as hulle bo-op die reuse trekkers gaan ‘speel’.

Ek besef ons kinders wonder hieroor. So lekker om sulke klein dingetjies te doen, saam, en goeie ‘onthoue’ op te bou. Dis dalk nie hierdie opwindende Sun City dag nie, maar ons het ons gate uit geniet.

wp-1495457532863.jpg

wp-1495458024877.jpg

Laat by die huis aangekom. En met ñ breë glimlag en moeë lyf in die bed geklim.

‘Ons het die perde bietjie laat blaas’.

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Kom ons laat blaas die perde ñ bietjie…”

  1. Lekker weggeloop nê!

    Ek het juis net die naweek vir my man gesê ons moet ook bietjie wegloop, die kinders is darem groot en kan ‘n dag sonder ons. 🙂

    (o ek klink soos die slegste ma!)

    Liked by 2 people

  2. Ek kies Nampo enige dag bo oom Sol se plekkie.
    ‘n Mosambieker wat ek ken wat karweiwerk doen se weergawe van die perde laat blaas is om die enjinkap (bonnet) elke nou en dan te laat oopstaan sodat die enjin en die bestuurder ‘n bietjie kan wind kry. ‘n Mouterkar (en ‘n mens) wat wind kry breek nie maklik nie, reken hy.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s