Waar kom hemelbeddens vandaan…?

(fotos:Google Images)ralph-lauren-california-styles-bed-room-canopy-white-vintage-inspired-eclectic-home-decor-ideas-white

Lank, lank gelede, het huise strooidakke gehad met geen hout daaronder as ondersteuning nie. Dit was nou ook die een plek waar diere bietjie hitte kon kry, so al die katte, muise en ander goggas het hier kom nes skrop.

Tydens die reënseisoen, sodra die gras nat en glibberig begin raak het, het van die diertjies begin gly en van die dak af geval…daarom dat ons vandag steeds sê: dit reën katte en honde.

Nou was daar dan ook niks wat gekeer het dat ‘dinge’ direk in die huis in kon val nie. Kruip diep genoeg tussen die strooi in…

Groot probleem. Slaap jy heerlik, en die volgende oomblik val mis op jou kop! Of selfs erger, ñ nat rot?

Hemelbeddens!!! Maak ñ bed met pilare, en hang ñ laken daaroor. Of nog beter, ñ bed met sy eie dakkie.

6b2365e06329e18879ce097594c4f581

Vandag is ons redes vir hemelbeddens koop nie meer dieselfde nie. Nou gaan dit net oor die mooiheid daarvan.

Redes. Dit verskil só van mens tot mens. Tog bly ons oordeel uit ons eie ervaringswêreld uit. Uit dít wat ons dink ons weet.

Siembamba, mamma se kindjie. Siembamba.

Draai sy nek om. Gooi hom in die sloot. Trap op sy kop, dan is hy dood.  

Wie sing so ñ wrede liedjie vir ñ kind!

…in die Voortrekkerdae het mammas hierdie liedjie as ñ susliedjie vir bang kindertjies gesing. Wees rustig my kindjie, slaap rustig. Die slang sal nie naby jou kom nie. Mamma sal sy nek omdraai, hom in die sloot gooi, op sy kop trap, dan is hy dood. Jy kan maar weer rustig slaap.

Mmmm. Redes.

Ons moet dalk net dieper begin luister, omstandighede probeer insien. Moeite doen om uit te vra.

‘SO, MOENIE DIE BABA SAAM MET DIE BADWATER UITGOOI NIE’. (Moenie jou so toespits op die afkeuring van die slegte, dat jy die goeie daarmee saam verwerp nie.)

80044c8e882205cfc22c37731d8790bf

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “Waar kom hemelbeddens vandaan…?”

  1. Ek wil ‘n hemelbed met muskietnet oor hê, want hier in Natal werk ‘n gewone muskietnet nie lekker nie – hulle steek my deur daai net of kruip van onder af in. Ek loop en krap soos ‘n bobbejaan met vlooie. Jy’s reg, ons oordeel partykeer te maklik (en ek raak goed omgeklits as iemand dit aan my doen), so ek moet dalk ook ‘n wag voor my mond kry.

    Liked by 1 person

  2. Mmmm….
    Woorde borrel soms uit wanneer hulle ingesluk moet word, so ook gedagtes.
    N Hemelbed is hemels, maar jammer Hester my muskietnet het gewaai, my benoud laat voel in die hitte. Tog bly dit romanties mooi.

    Liked by 1 person

  3. Sal aan my vrou noem dat indien ons weer trek sal dit wees na ‘n huis wat ek laat bou het. On sal sommer ‘n massiewe hemelbed inbou wat permanent in die slaapkamer gaan staan omdat die bed nie deurr ‘n deur sal kan beweeg nie, maar om die te kan doen sal ons kostes erens anders moet spaar en dit is hoekom die dak van strooi gaan wees…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s