Werklik? Alweer??

Man, dit kan my vies maak. Nee, ek smokkel niks in die land in nie. Ja, elke ding is verklaar. Nee, daar is nie eksotiese voëltjie binne-in nie, net Bali meubels.

Ja, nee, ja, nee.

Lekker bevoeterd sit ek nou in my hoekie hier by die winkel. My ‘container’ is uiteindelik op Durban hawe. Nog nie eens van die skip afgelaai nie, en reeds onder kwarantyn. Tronk toe met jou, ‘container’ nommer 102938475! Nou!

Hoekom.

Sommer.

ñ Week se ekstra wag. Al die kostes aan hierdie oefening is vir my rekening, en dit draai gewoonlik by R8 000 ekstra.

Hoekom.

Sommer.

En sommer net omdat ek ekstra keel vol is, baie gefrustreerd en lekker dik vir die sisteem.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

27 thoughts on “Werklik? Alweer??”

  1. Ek is jammer dat jy so moet sukkel! Dis vir my ongelooflik erg dat hulle alewig onskuldige persone soos misdadigers hanteer en die vervlakste misdadigers smokkel tonne ivoor, renoster horings en dwelms die aardbol vol deur middel van “containers” en min of geen haan kraai ooit oor hulle nie…. Sterkte.

    Liked by 1 person

  2. Het jy al gedink aan Bribes? Wat van volgende keer n bottel coke en n pie aan die buitekant van die container? Is jy seker daar is nie n sticker op die container wat sê “kies my kies my!” nie? Sorry maatjie

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  3. “Jou besigheid is vir ons belangrik. Joune en ander klein besighede is die lewensbloed van die ekonomie” Saggies fluister die staat mooi woordjies in jou oor terwyl die lus ongemerk nog ‘n bietjie stywer getrek word. Die lus wat uiteindelik die gans wat die goue eiers lê gaan verwurg.
    Mag jou skeepsvraghouer(s) dit veilig deur doane maak, sodat my en die res van jou lesers se nuuskierigheid oor die inhoud bevredig kan raak.
    P.S. Miskien moet besighede ook begin om “crowdfunding” te gebruik soos musikante maak. Almal wat die inhoud van die houer wil sien moet bydrae tot die doanefonds.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s