Die pad wat ons moet stap.

Picture3

My mams.

As daar keuses was, sou ek sekerlik anders gekies het. Vir haar. Vir ons ook.

Maar veral vir haar.

Sy was op die einde só gereed om huis toe te gaan. In Februarie 2012 is ons ingelig oor haar ver gevorde lewerkanker. Sy wou geen behandeling hê nie, net haar laaste paar maande nog ‘leef’.

Vir ñ kind, seker vir enige geliefde, is dit swaar om iemand wat deel van jou is, te sien swaarkry. Swakker word.

IMG_2409

As ek terugkyk, was haar laaste vyf maande vól van ñ ander soort leef. Die wete dat elke dag een minder op haar kalender is, het ons elkeen individueel geraak. Die besef van finaliteit, het gepaard gegaan met ñ nuwe deernis ook vir mekaar.

Die drie dogters het na my begin kyk met die wete dat, net soos ek my mamma nou moet laat gaan, so gaan hulle dit ook eendag moet doen.

Elkeen van ons het in hierdie paar maande verander. Ten goede.

P1200002

Ons ‘feetjie en kabouter’ mamma en ouma het vinnig ‘weggesink’. Die morfien plakkers het ñ groot gedeelte van haar laaste dae aan haar onthou ‘weggevreet’. Dit was baie swaar. Dit het my hart oor en oor gebreek.

Maar dit het my hart ook oopgebreek vir ñ ander dimensie van empatie. Haar pyn het mý leerskool geword. Haar ‘laat los’ het mý anker versterk.

Ek moes losmaak van mamma; ek moes die laaste draadjies knip.

Sy was altyd daar. Op die een of ander manier ñ rots in ons elkeen se lewe. Vir vyf maande lank het ons elk die tyd gekry om by haar te sit en haar liefde ñ finale keer in te drink. Selfs tussen die pyn deur; ons s’n en hare.

Ja, dit kon makliker gewees het. Dalk vinniger. Of stadiger. Ek weet nie.

Ek weet net. Ons laaste maande saam met haar was goed. En net soos sy reg was om te gaan, so het ons ook ‘reggeraak.’

Reggeraak om haar oë vir die laaste keer saggies toe te druk.

Picture1

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “Die pad wat ons moet stap.”

  1. Pragtig geskryf oor ‘n baie seer onderwerp. My eie moeder was nie siek nie, wel oud (96) en haar organe het begin ingee. Daarmee saam het haar geheue begin wegraak en dit was die swaarste deel van haar afsterwe. Ek was 63 toe sy oorlede is en ek was nog steeds nie gereed om haar af te gee nie.

    Liked by 1 person

  2. Almal verloor mense vir wie hul lief is en verwerk dit nie altyd nie maar ek dink dit kort ń ongelooflike sterk persoon om “okay” aan die anderkant uit te kom na so ń ontsaglike groot verlies van jou mamma en hoe jy vir 5 maande moes sterk staan en almal se pyn te help draagliker maak. Jy is ń ongelooflike bron van inspirasie oor innerlike sterkheid. Dankie dat jy iets so broos en kosbaar met ons gedeel het.

    Liked by 1 person

  3. Die anner Ma van my . . . sy was n sagte reus ! BAIE v haar gelag. BAIE by ha geleer so met die oog en oor. Ek herinner my aan soveel dae wat sy gese het sy voel sy pas nie meer in die wrede, harde wereld in nie. Die hemel is RYK, onder andere aan n spul goeie, vrede-liewende & sagte mense. Dis ons Ma se lagacy . . .

    Liked by 1 person

  4. So n mooi ode geskryf vir jou mams. Ek was so bevoorreg om haar te ken. Sy was n baie baie besonderse mens, soveel liefde in haar gehad wat oorgeloop het op almal wat haar paadjie gekruis het. So dankbaar dat ek ook van daardie liefde kon ontvang.

    Liked by 1 person

  5. Ousus….joh, ek het dit so paar keer gelees. Dis so mooi en sad en tog het ek gesmile want daar was so ongelooflik baie memories terwyl ek dit lees. Ons is so blessed, buiten soveel liefde, het ons lesse geleer by groot bome, dankie vir die mooi share. Die foto’s is pragtig. Mis julle stukkend,xx

    Liked by 1 person

  6. Thankyou for sharing this powerful part of your family life journey. Always brings us all to the reality that our time on earth is so short and fragile – so why do we boast so much and cling to earthly possessions? I really like the first and last photos.

    Liked by 1 person

  7. Shoe… hartseer! Ja… ons moet ook eendag aangaan.
    Ek het my twee seuns laat belowe dat hulle vir die hele familie sal braai… en ‘n lekker opskop hou! Ek het gesorg dat my lewe vol pret is, op die eenvoudige manier… so, hulle moet sorg dat hulle my so onthou!
    (Sorrie… ek wil nie jou pos oorneem nie… dis net al die gedagtes wat jou skrywe opwel!)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s