Die lang wag is verby.

Indonesia-Bali-souvenir-craft-wood-carving-239

Ek begin die ure nou aftel. Maandag of Dinsdagoggend, en die langverwagte voorraad word afgelaai.

My lysie is reg, die pryse uitgewerk. Knyp ek oë toe, dan tuimel die een na die ander meubelstuk tot voor my voete.

a73a85bdbf4c1a5c5acfa828a3ffd1c6

Elke item het ñ effense storie. Soos presies in watter straat, in watter dorp, en by watter familie dit opgespoor is. Hoe is ons ontvang, watse verversings is aangebied. ñ Hele ritueel.

Die oomblik wat ons die seël breek, en die twee groot deure oopstoot, begin ñ holderstebolder tyd. Die stukke is meestal groot en swaar. Alles word so vinnig as moontlik afgepak, sodat die trok kan wegkom. Tyd is geld.

Dit neem so drie ure voor alles tot binne die winkel gedra is. Nou is dit oopmaak, papiere afsny, olie gee. Vyf weke op ñ skip is ñ lang tyd, en die olie is broodnodig.

Daarna is dit regskuif, ronddra. Kort-kort klink daar ñ gilletjie op as ñ klient iets gewaar wat spesiaal is. Of as die uwe op haar persoonlike gunstelinge afkom.

Ja, die lang wag is verby. Vir die volgende paar weke vat ek nie grond nie, en val saans uitgeput, maar baie in my noppies, in die bed.

Ek ruik tot na hout en meubelolie. Heerlik!

Dan, stadigaan begin die voorbereidings vir ñ volgende aankope van voor af. Dit behoort so in Augustus te gebeur.

Bali. My ander huis.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “Die lang wag is verby.”

    1. Ek het baie voorraad oor wat beskikbaar sal wees. Sal vir jou fotos mail sodra daar ñ kansie is. Ja, die trok is ñ plobleem. Hulle kom gewoonlik met ñ veertig voet sleepwa van Durban af, en laai dan twee twintig voeters af. Een by my. Ons saag vandag takke af om spasie te maak.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s