Hoekom is ons so bang vir mekaar?

(fotos:Google Images)mas-village-ydc-bali-tour6

O, ek ken die antwoord. Ek is self ook bang vir jou.

Want ek het al baie seergekry.

Maar. Neem ek ñ tree terug; baie treë, dan sien ek jou dalk anders raak. Jou omgewing; jou wêreld.

Ek hoef seker nie. Ek kan my rug op jou keer en wegstap, besluit dat jy nie die ‘probeer’ werd is nie.

So die keuse lê by my. Die besluit om jou ñ kans te gee.

Nog ñ kans, dit is myne. Jy het my seergemaak; jy het ñ stukkie van my binnemens afgebreek.

Is jy nou ‘die wenner?’ Wie neem die besluit?

nuca95

Naaktheid is vir meeste van ons “scary”. Jy is blootgestel aan kritiek. Hoe ons van buite lyk, neem ons aan, beinvloed ander se opvatting van ons.

Is ek ernstig oorgewig, gaan ander dink ek het nie deursettings vermoë nie. Lyk ek nie té gelukkig met die lewe nie, gaan ander op my neerkyk. Is ek ñ mislukking.

So nee. Bly weg uit my lewe uit.

Jy gaan my net seermaak. En voor jy dit doen, draai ek weg.

images (5)

Ons hét ander nodig. Iemand wat ook kan luister, maar wat dalk anders as ek hoor. Wat my kan aanmoedig, raad gee, reg help. Dalk iemand soos ek, dalk iemand ‘van ñ ander spesie’. Steeds, iemand tasbaars.

edc86f04ac995b87dda8e78902427659

Ek is bang vir jou, ja. Vir jou vlymskerp tong. Vir jou agterdog en jou bagasie en jou siening. Ek is bang vir jou jare van seerkry en ‘hard raak.’

Maar ek kies. Want ek wil.

Kan ek my trui oor jou naaktheid gooi?

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “Hoekom is ons so bang vir mekaar?”

  1. Ek HAAT venyn, HAAT in hoofletters! Mens moet so versigtig omgaan met mense om jou – ek “probeer” rerig hard om die volgende my motto te maak – laat elke persoon wat jou verlaat jou as ‘n gelukkige heel mens verlaat… woorde maak dood – jare gelede het my man ‘n lelike opmerking gemaak van ‘n vrou op ‘n fiets, se selluliet – en van daai dag af het ek hom net nooit weer naby my toegelaat as ek nie min of meer bedek is nie. Sy woorde was nie teen my nie, maar dit het so effek om my eie lyfbeeld gehad dat ek skielik verskriklik selfbewus oor my eie lyf geraak het na sy kritiek teenoor ‘n ander. Ek was so geskok toe hy die woorde uiter dat dit na al die jare nogsteeds by my spook.

    Liked by 1 person

  2. Ek het ‘n redelike deel van my grootword jare, en my hele volwasse lewe, spandeer deur “real life” interaksie met ander mense te vermy vir al die redes wat jy hier aanvoor, plus ‘n hele gros van my eie.
    Ek is bevoorreg om alle tasbare dinge te hê wat ‘n mens nodig mag kry; Dak oor my kop, kos op die tafel, vervoer, klere en ‘n werk om vir dit alles te betaal, maar ek het tot die besef gekom dat ek eintlik brandarm is. Die mens se doel op aarde is om ‘n ondervinding (experience) te hê, en ander mense/denkwyses/kulture is ‘n groot deel daarvan. Sonder ander mense ontneem jy jouself die volle omvang van die experience, want mense het ander mense nodig.

    Liked by 4 people

  3. Interessante onderwerp en die reaksie daarop nog meer. Ek neem deesdae baie waar dat mense sê fb en ander sosiale media gee ‘n skewe beeld van hoe mense leef, maar ek loop tog nie in my pajamas rond waar my bure my kan sien nie? Sommige dinge bly waar hulle hoort – in my binnekring.

    Liked by 1 person

  4. “Hoekom is ons so bang vir mekaar?”

    Want ons het mostly al almal seer gekry? Want ons het almal ons eie kak en kan nie nog iemand anders s’n dra nie? Want gewoonlik is mense “users/takers” en die “listeners/givers” word daarom misbruik? Want sommer?

    Dis somtyds makliker.

    Liked by 1 person

  5. Almal het maar hulle einas…. Nie een is oorgestaan met daardie lydensbeker nie. Dis ook een van die redes waarom ek skryf onder die naam Aspaai… Ek bid vir heling oor almal wat dit nodig het om te besef dat ons veronderstel is om spore in ander se lewens te laat – positiewe spore en om weg te kruip van ons doel is seker dan nie die antwoord nie… Die selfde Een wat male sonder tal ons trane afdroog sal ons weer heel maak…

    Liked by 1 person

  6. Dis nogal n fyn lyn die…. Om te weet of my kies om jou naby my toe te laat reg of verkeerd gaan wees. Vir wie? Vir my? Vir jou?
    Ons seerkry uit die verlede maak skanse. Net jy kan die besluit neem om te wil nader beweeg of nie. Soms wil jy nie, maar binne jou weet jy, jy moet. Daardie stemmetjie van Heilige Gees praat met jou, dan….. Keuses!!!!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s