Vir Bertus en Carien.

IMG-20170528-WA0021 (1)

Hierdie storie het ñ begin en ñ einde. Maar ook ñ tussen-in. Dis ñ Suid-Afrikaanse storie, oor ñ skrywer/bouer pappa en ñ huisvrou mamma, met hul twee kinders.

Soos almal weet, Bertus is my manlief. Carien is my skoonsus, my kleinsus. Ek skryf hierdie vir hulle twee, want hul verhaal is nooit ‘opgelos’ nie. Dis ñ storie wat vertel moet word, want dit is een vol wreedheid, hartseer. Maar meer; vol vergifnis en aanbeweeg.

IMG-20170528-WA0013

My skoonouers, Koot en Eileen Steenkamp, het in 1996 Harties toe verhuis en by ons op ons Bali Lodge kom huis bou. Vol verwagting na ñ welverdiende aftrede.

Die aand oppad na skoonpa se werksdinee, sy afskeidsfunksie op sestig, kry hulle ñ pap wiel. Twee manne kom aangestap om te help. Na die band omgeruil is, vra die een by skoonma se venster kosgeld, en met die aangee van die geldjies, skiet hy haar. Skoonpa was reeds in die motor, besig om aan te skakel. Sonder om te weet dat sy getref is, jaag hy weg.

En hoor in die ry dat sy vrou prewel…Boksie, ek is geskiet…

Hy jaag met haar Brits Medi Kliniek toe.

So begin twee pragtige mense hul aftrede. Ma permanent verlam.

IMG-20170528-WA0055

Ons klompie moes ons “new normal” maar uitwerk. Met hul huis so twintig tree van ons s’n af, het die lewe voortgegaan. Goeie tye, baie. Baie baie kuiers, want die Steenkamps is voor die voet almal mense mense.

Blakend gesonde skoonpa se hart kry letterlik ñ knou van die skok, en sy niere ‘pak-op’. Tussen die twee van hulle raak ons klomp bekend met Eugene Marais en Jakaranda hospitale, met skoonpa ñ volskaalse dialise pasiënt.

IMG-20170528-WA0038

Pa Koot sterf in Januarie 2004, Ma Eileen twee jaar later. Albei op die ouderdom van sewentig.

IMG-20170528-WA0018 (Bertus, Carien en die twee kleinseuns Neil en Lotz.)

Die saak is nooit opgelos nie; die polisie het die lêer verloor…

Maar, en hierdie is ñ groot ‘maar’. Daar was nooit haat en nydigheid nie, nooit het enige rassisme of bitterheid sy kop uitgesteek nie. Hierdie twee dierbare mense het by die voete van hul God bly sit. Met hul kinderlike geloof vasgeanker in Hom. ñ Absolute voorbeeld van vergifnis vir ons almal.

Hulle het twee wonderlike kinders agtergelaat, en twee pragtige kleinseuns. Elke persoon met wie Koot en Eileen in aanraking gekom het, het weggestap as ñ ryker mens. Hul harte was oop vir almal.

IMG-20170528-WA0012

Daarom dat ek hul verhaal vandag hier kom vasskryf. Vir die mense wat hulle was, en die gebeure wat hulle moes trotseer.

Maar hierdie is ook ñ groot deel van my manlief se lewensstorie, van sus Carien se geskiedenis. Onlosmaaklik deel van my, die drie dogters en die twee seuns se lewens.

So my liefste skoonma en skoonpa, daar waar julle twee nou by al jul boeties en sussies, en by jul Almagtige Vader is,

…ons sal altyd met ñ diepe liefde en eerbied aan julle terug dink.

wp-1496945435336.jpg

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Vir Bertus en Carien.”

  1. Ousus…. Baie dankie, klein woordjie, gemeen groter as die see. Dankie dat jy hulle so mooi onthou, lekker om goeie trane te huil oor sulke mooi memories. Laat my weer besef hoe blessed ek is om deel van hierdie familie te wees. Love ya stukkend,xx

    Liked by 2 people

  2. Jitte, ek wil huil terwyl ek hier lees. Ek het juis gisteraand vir my man gesê (toe hy minder gevloek het) ek wonder so baie oor God se genade met die mensdom na Johan Botha, se gru-dood in ‘n rooftog. My woorde gister deur die dag was telkemale, rerig Here, genade vir hierdie bloeddorstige mense – hoe is dit moontlik, U is so groot U is so goed, maar rerig? Ek is innig dankbaar vir ‘n Jesus aan ‘n kruis, want ja, op die einde is dit seker wat ons nodig gehad het ‘n Jesus aan ‘n kruis wat vir ons letterlik kom wys het hoe lyk ware vergifnis.
    Jou skoonouers moes waarlik fantastiese mense gewees het, net jammer dat hulle so jonk huistoe moes gaan.

    Liked by 1 person

  3. Baie mooi Ode vir hulle vriendin. Ook n mooi onthou van die familie se seerkry-stap met hulle. Ek lig my hoed vir julle wat die ondersteuningspad met hulle gestap het met soveel liefde.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s