Ek salueer die jonges.

painel-castelo-g-frete-gratis-festa-de-crianca

Ek het ñ baie groot waardering vir die jong mammas en pappas van vandag.

Kleinste lief boetie en sussie verjaar so twaalf dae uit mekaar uit, en vandag was hul gesamentlike partytjie. Een is ñ jaar oud, die ander vier jaar oud.

Agtien jong ouer pare met elk twee kinders bymekaar. Net ñ handjievol van ons ouer garde. Tussen al die sing en kersies doodblaas deur, loop ek met die kamera rond en probeer hoogtepunte vasvang. Daarby saam hoor ek stukkies van gesprekke.

Hulle probeer werklik almal hard. Tussen werksverpligtinge en mamma en pappa wees deur, raak hulle sowaar ook by gemeenskaps projekte betrokke. En dan is daar ook die geselsies rondom hul geloof wat ek optel. Vir my as ñ ouma wel die trots in my hart op. Hierdie jongklomp probeer regtig hard.

Die laat twintigs tot dertigs is ñ moeilike tydperk vir die oorgrote meerderheid van ons. Sommige het dan reeds foute begaan; huwelike wat nie gehou het nie. Drome wat nie realiseer nie. En tog, daar is ñ wilskrag onder hulle. Om harder te probeer, om hulp te vra en te aanvaar.

Ek ken hul gesiggies; ek ken hul families. Meeste was saam met ons dogters op skool. Ek moet kort-kort aan die knop in my keel sluk as ek ñ volgende persoon deur die lens raaksien. Kollektief is hier ñ klomp hartseer reeds geleef. Ouers wat vroeg dood is, selfs ñ bloedjong eggenoot wat aan malaria gesterf het.

Ek verkyk my aan die behendige pappas wat doeke omruil, neusies afvee, feëtjie rokkies regtrek. Die mammas wat so op die maatjies ook fokus; seker maak dat almal lag en hulself geniet.

Hierdie is my generasie se volwasse kinders, en ten spyte van foute wat ons begaan het uit onkunde, is elkeen in sy eie reg ñ sukses verhaal.

Nie oor wat hy vermag het nie, maar oor die struikelblokke wat hy moes trotseer; die ‘jong’ lewenskennis wat sy moes toepas om te bly groei.

As ek kon, sou ek voor vandag se groepie gaan staan, en namens ons as ouers ons nederigheid wou ‘uitspreek.’

Nederigheid omdat ons in ons menslikheid net met God se hulp so ñ groepie lieflike jonges kon help grootmaak.

Giraffe-small-cub-parental-love-animals-of-Africa-HD-Wallpaper-2880x1800-1920x1080

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

11 thoughts on “Ek salueer die jonges.”

  1. Baie mooi stuk xxx Ek is seker hul sal dit opreg waardeur as hul weet dat jy voel hul doen ń goeie werk met hul kinders en ook dat jy trots is op wat hul vermag het. Almal wil net graag hul ouer of ń ouerfiguur se goedkeuring hê… Die 20s tot 30s is werklik bitter moeilik…. veral in vandag se tyd dink ek… dis asof daar net meer afdraai paadjies is om verkeerd te lewe…

    Liked by 1 person

  2. Ek is een van daai Mammas wat so tussen werk en kinders groot maak nog probeer om my kant ook te bring in die gemeenskap. Maar heng dis moeilik… En dankie vir die hoop dat ek ook eendag gaan terug kyk en tevrede gaan wees met die opvoeding wat ek prober om my kinders na die beste van my vermoee te gee. Al voel dit soms ek is maar ‘n bietjie van ‘n slegte Mamma.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s