Die plasenta.

(fotos:Google Images)14

Ek wonder soms oor hierdie liefde wat ek vir ñ klein, onbenullige eiland in die middel van nêrens het. Terwyl Hy my gevorm het, het die Here dalk geglimlag en toe hierdie ‘ietsie’ in my geplaas?

Hy moes toè al geweet het dat ek ñ onblusbare hunkering na dié plek gaan ervaar.

tham-lod-cave-thailand

Daar is net nooit genoeg dae om oral heen te gaan nie. Nie genoeg ure om in te neem en te ‘voel’ nie.

file

Glimlag God as Hy sien hoe ek voluit ervaar en verwerk terwyl ek daar is? Hy het met soveel aandag hierdie eiland ontwerp en beplan. Het Hy my toe al ‘in die oog’ gehad?

Vir die Bali-mense is ñ nuwe baba se nageboorte van die uiterste belang. Vir hulle is die plasenta die fisiese liggaam van die kind se “guardian angel”. Na die geboorte mag net die pa en die dokter die plasenta vashou. Dit word gewas en op ñ baie spesifieke plek by die nuweling se ouerhuis begrawe. Saam met dit plaas hulle items soos ñ kam, ñ dans-waaiertjie, ñ pen, ñ boek, of iets wat die ouerpaar wil hê hul kind moet ñ liefde voor ontwikkel, ook in die gat.

As Balinees wil jy nooit vér van jou nageboorte af wees nie. Daarom ook dat Bali kinders altyd terugkom huis toe. Hulle toer bitter min na ander lande, want dit is noodsaaklik om naby jou engel te bly.

Mý Jesus is altyd by my. Heilige Gees is in my, saam met my. Ek mag maar die vryheid as God se kind ervaar, en regoor die aarde beweeg. Ek gaan ook nooit weg van my beskerming af nie.

Ek ‘begrawe’ Hom nooit nie.

Dis lekker om Sy kind te wees. Om te weet wie ek is in Hom.

karang_dawa_nusa_penida_bali

En nooit te hoef te twyfel oor Sy nabyheid nie.

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Die plasenta.”

  1. Dit is die vryheid wat ons ontvang het toe ons Sy Naam bely het as die seun van God, wat vir ons sondes gesterf het en n plek vir ons voorberei. Daai vryheid wat ons losmaak van wette wat mens gemaak het. Hy wag met ope arms dat ons net moet nader skuiwe teen Sy blad.❤️

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  2. Bly is ek nou ek is die Here se kind en kan ook vrylik rond swerf soos my hart begeer. Pragtige stuk. Mens sou nooit weet van al die ander kulture se gewoontes nie. Dankie vir jou wat altyd alles wil weet en dit dan met ons kom deel.

    Liked by 1 person

  3. Dit is pragtig geskryf maar ek wil jou vra…. is jou hart nie seer vir diè mense wat Jesus nie ken nie. Soos ek hier sit en tik wil ek huil. Ek weet almal sê altyd vir my mense het ‘n vrye keuse om te kies of hulle wil glo of nie… maar ek kannie net my skouers optrek en aangaan met die lewe asof dit nie saak maak nie. Daar is so baie dinge wat nog in my gemoed aangaan, maar laat ek maar net hier volstaan.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s