Die Woord in my hart.

(foto:Google Images)b-source-also-any-other-pics-like-this-or-just-some&-wallpaper

ñ Pragtige mede blokker vra my ñ vraag…Of my hart nie breek vir die mense wat Jesus nie ken nie? Met my wat soveel jare reeds in Indonesië besigheid doen, neem ek aan, is die onderliggende vraag dalk: Una, lei jy darem mense na ons Here toe? Want wat gaan van hulle word!

In 2004, toe ek en ons oudste meisiekind vir die eerste keer ons voete in Indonesië gesit het, hierdie radikale Moslem land, was ek goed skrikkerig. My paspoort sê ek is ñ Christen. As daar opstande uitbreek, wat gaan met ons gebeur?

Want ek vlieg nie net heerlik Bali toe nie. Dis eers Jakarta, Indo se hoofstad, waar alle vroulike personeel op die oorweldigende groot lughawe geklee is in tradisionele Moslem klere. Inteendeel, omtrent almal om jou, en ons praat van letterlik duisende mense wat rondloop, rondstaan, rondlê, het so ñ ‘onverbiddelike’ uitdrukking op hul gesigte.

JY IS ñ WESTERLING!!!

Van hier af vlieg ek met die ‘berugte’ Indonesiese vliegtuie Semarang toe. Daar kry Sulis my. ñ Paar uur later kom ons by een van die bestemmings uit. Radikale Moslem dorp. En ek sê een, want afhangende van wat op my meubel-bestellys is, is daar ook Solo, Yogjakarta en Cirebon wat besoek moet word. Al hoe dieper die binneland in. Ure en ure se reis in alle rigtings.

So. As daar opstande uitbreek? As die Radikale besluit Westerlinge moet uitgemoor word??

Weet ek. Sonder om twee keer te dink. Sulis, Tofic en hul gesin, mister Meganingrat en sy gesin, sal my met hul lewens beskerm. Ongeag.

Hoekom?

Ek glo in God die Vader, in Jesus Christus, Sy Enig gebore Seun, en in die Heilige Gees. Hulle is by my, in my, om my. Ek preek nie op straathoeke nie. Ek ‘leef’ Hulle. My mense daar weet wie ek is. Ons bid soms saam, hulle vir Allah, Ek vir my God. Ek respekteer hul Ramadan; hulle stuur vir my Kersfeeskaartjies. Ek is nie bang vir hulle god nie. Want ek weet wie is myne.

Probeer ek hulle bekeer? Haal ek my Bybel uit en wys hul op hul foute?

NEE.

Maar ek ‘leef my God’. En ek weet dat die paar mense wat my Jesus op my pad gebring het, Hom in my oë sien. Hom in my hart aanvoel. Hom op my tong hoor as ek voor hulle bid. As ek voor hulle uitmekaar val omdat my jongste meisiekind vyf weke te vroeg in kraam gaan. Omdat ek na Hom uitroep as my kleinkind in asemnood verkeer, en ek nie daar is nie. Omdat ek saggies na Hom roep as die kinders tuis mekaar se harte breek.

Omdat ek opbreek as ek gebel word en moet hoor my kleinboet het selfmoord gepleeg.

Hulle is op my Facebook. Ek skryf oor hulle. Ek praat van hulle. Ek bid vir hulle.

Nie omdat èk die beter mens is nie.

Maar omdat hulle MY mense is.

Deur my optrede ‘beleef’ hulle Jesus. Soos ons Bybel sê, almal sal van Hom weet voor hul hul laaste asem uitblaas.

En dan bly dit hul keuse.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Die Woord in my hart.”

  1. Dankie vir die oopmaak van jou hart. Vanoggend lag ‘n vriendin en sê ek klink soos Petrus wat die soldaat se oor afgekap het. Ek sê vir die Here ek weet Hy is magtig en kan sy eie gevegte veg…. maar aan die een kant ween ek oor verlore mense, en aan die ander kant wil ek mense wat God so belaster van die aarde wegvee.

    Liked by 1 person

  2. Pragtig gestel! Elkeen van ons is gesëend met ń ander genadegawe nie almal is predikers nie en daarom het ek die volgende geplaas die ander dag: Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
    MATTEUS 5:16 AFR83
    http://bible.com/6/mat.5.16.AFR83

    want dit is hoe ons ander mense wat ander gawes het mense na Jesus toe lei… Dankie vir jou mooi gelykenis as ek dit so mag noem xxx

    Liked by 1 person

  3. Jy het dit reg… jy leef Jesus dit praat harder as enige iets. Ek hou so baie daarvan… eenvoudig verstaanbaar, dade praat partykeer baie harder as woorde… jy prikkel hul nuuskierigheid en baiekeer lei dit hulle na ons Koning Jesus.

    Like

  4. So staan ek en my Lisa kleinkind vor die rekenaar skerm en daar duik n foto van die ape en beelde in monkey forest op (in Bali), sy vra daaroor en hierdie ouma probeer verduidelik van mense wat in ander gode glo. Sy se ewe in haar kinderbegrip, maar ouma se net vir hulle, hulle moet in Jesus glo.
    Dit het my ook aan ons wandel tussen die mense laat dink en ek net weereens besef dat die wandel tussen hulle, gesprekke wat plaasvind en “to make a pray” soos Sulis se, is n vloei proses van Heilige Gees om sag in hulle harte te praat met woorde wat ons nie hoor nie.

    Liked by 1 person

  5. Nou gelees. Ek onthou van n skipper wat nChristen was en hoe n ryk( kan nie onthou wat hy was nie) man hom altyd gespot het terwyl hy die ryke se goed verskeep het. Toe n bystaander vir die ryke vra maar hoekom gebruik hy nie n ander skipper en boot nie, het die ryke verontwaardig geantwoord “Wat! Nooit sal hy iemand anders gebruik nie want hierdie een kan hy vertrou en sy werk is die beste” as ek reg onthou was dit n ware storie. Moral of the story, live your love for Jesus. The day will come that your love in u will penetrate their heart.

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s