Man-hoekies…of hoeke?

wp-1497625712920.jpg

Manne het hul hoeke nodig.

Siende dat ek amper sestig is, het ek besluit van nou af gaan my ‘sê’ sterker deurkom. Ek verdien dit! As ek in die spieël kyk, is dit ñ feit.

So hier begin ons.

Bertus hou van ñ kroeg…alhoewel hy nie eers vreeslik drink nie. ñ Castle Light, en hy is tevrede. Enige iets sterkers gee hom erge hoofpyn, en hy haat ñ hoofpyn.

Hier by ons het hy sy eie, eie drie x kuierplekke. Eerstens, op die boonste stoep. Enige man wil ñ bier kan drink terwyl hy die viswaters dophou. Of hy nou van dam-vis hou of nie. Mens moet die ouens op hul bote ‘uit-check’. Want jy mag.

wp-1497625735715.jpg

Nommer twee man-hoek is naby die kombuis. En langs die hysbak…vir ingeval die Castle-Light in die son gestaan en gis het. Dan kan die man-mens inklim, ñ knoppie druk, en in die slaapkamer opeindig.

wp-1497625748673.jpg

Derde man-plek is onder by die lapa. Kan nie in wintertyd gebruik word nie, so ek plaas huidiglik nie ñ foto nie. Dis te flippen koud om nou af te gaan en te gaan afneem. Hier is waar die GROOT kuiers plaasvind. Soos as beide seuns en drie skoonseuns gelyktydig opdaag vir samesprekinge…of gewoon net Brandewyn- kuiers. Met Bertus as die “designated” hysbak bestuurder…want hy verdra mos nou nie ñ hoofpyn nie.

selfoon-fotos-203

Fout.

Synde dat ons langs die dam bly, is daar ñ kuier-boot ook betrokke. Huidiglik nie in gebruik nie, want die hiasinte het ons oorgeneem.

So wat is my punt hier.

As ñ ouer vrou, is hierdie my bydrae tot huweliksgeluk.

Gun hom sy “man-cave”, sy man-plek; hy vra eintlik nie so baie nie.

In elk geval nie so baie soos ons nie.

Ps. As ekwivalent van die man-hoek, is vir my ñ naaldwerk kamer ingerig…??? En my masjiene is gediens. So wat om nou hiermee te doen. Is dit net dalk ñ skimp?

“On second thoughts.”

“Skip” die man-hoek gedagte. Dit beteken niks.

wp-1497628775301.jpg

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Man-hoekies…of hoeke?”

    1. Ek is ook baie in my skik met die huisbak… stuur al die kos en goete van die kombuisvlak af na die lapa, en terug. Hierdie huis is ouer-mens vriendelik. Ou oom het jare hier gebly en dit wonderlik ingerig. En natuurlik geniet die kleinkinders die op en af ryery terdee. Vadersdag…al drie meisiekinders kom oor. Hierdie laaste sin is net vir jou.

      Liked by 1 person

  1. Ek sou die naaldwerk kamer in ń crafting hoekie verander. Met ń wynyskassie en glase op ń rakkie en dan natuurlik so ń plekkie vir tee/koffie en hond uit ń bos gekuier het!!!! Hande besig met ń ietsie. ń Rooi wyn op die sy en ń kuiertjie, dit klink nou briljant!!

    Liked by 1 person

  2. Jo! Daai eerste manhoekie is net die ding! My manhoekie is’n klein werkskamertjie agter die garage. Daar maak ek heel goeters stukkend en stukkende goeters heetemal onredbaar stukkend. Dis ook my salon waar ek my hare en baard trim.

    Liked by 2 people

  3. Mmmmm… te koud vir die lapa?? 😉 Ek dink jy moet hier kom kuier in die winter… dan sal jy koud wardeer!
    So btw… ek dink jy moet met my vrou praat… dan kan sy dalk insien dat ek ook ‘n man-hoek moet kry!! 🙂

    Liked by 1 person

    1. Met al jou musiek belangstelling is ek seker jy het jou eie, eie ruimte ingerig, A.J? Ek vries hierdie winter, en as ek so na Game of Thrones kyk, sal ek julle deel van die aarde glad nie oorleef nie. Liewer saam met die drake rondvlieg…ok, as jy niè iets van die series weet nie, het ek jou nou verloor!

      Liked by 1 person

      1. Sorrie… ek doen nie TV nie… behalve krieket!
        As I often say… I don’t do other people’s fantasy, I create my own! 😉
        Ja… stadig maar seker bou die musiek hoek homself! 😀

        Liked by 1 person

  4. Aspaai, jy het OF insig, OF ingesien . . . As Una voor ha masjiene sit, en sy draai 180 grade om, dan is daar inderwaarheid n flippen wynrakkie en 2 glase . . . “Om beter te kan sien, my kind”, se sy altyd . . . !

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s