Kleure.

(skildery:Google Images)1d54f321dceecd432a2a194e29891f75

Prentjies en kleur speel ñ groot rol in my lewe. Ek luister wat jy sê, ek lees wat jy skryf, en geleidelik neem jou skildery vir my vorm aan. Soms, namate ek jou beter leer ken, sal ek dalk aan ñ skakering gaan verander. Net subtiel.

Ek koester my prentjies; ek bewaar en versorg hulle.

Maar.

Daar staan wel ń paar ‘omgedraaide’ skilderye uit my verlede rond. Eenkant, weggepak, teenmekaar. In hulle stel ek net nie meer belang nie, of liewer, ‘hulle het ek besluit om uit te verf.’

Vandag, na ń swart pastoor se getuienis in die klein Kosmos kerkie, het ek dit uitgehaal en weggegee. Vir Die Een wat wag.

Nou is daar weer nuwe ruimte in my ateljee. Nuwe lig.

En voel ek veilig en vry.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “Kleure.”

  1. My liewe vriendin, mense wat dinge in soveel kleur sien, sien mooi, is mooi! Geen wonder Bali roer en roep jou so nie? En, daarom kan jy mooi wees, weg gee en weet…more wag daar nog, selfs ‘n nuwe mengsel kleur vir jou op jou palet!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s