Voorwoord.

(skilderye:Google Images)womans-voices-from-the-dust

Ek onthou nie baie van my kleintyd nie.

Maar ek onthou my boeke. Rakke en rakke vol. Die oopmaak van ñ nuwe boek, die begin van ñ volgende storie.

Blykbaar was ons oupa aan my ma se kant so ñ storiemens. As polisieman van beroep is hy gestuur om in Italië te gaan veg. Ouma was glo bitter kwaai, en bitter. So ma het haar kleinwees gevul met sý stories.

En dit oorgedra aan haar eerste kind. Want lees het ek gelees. Amper nog voor ek behoorlik kon praat, klink dit.

5ec8571883ad81489c68c55024acd4a3

Ek kon letterlik pens en pootjies in ñ storie ‘verdwaal raak’. Ma het bly boeke aandra, en die biblioteek was my en haar ‘plek’. As ñ laerskool juffrou met ñ gestremde kind, en twee ander peuters, was die ure in haar dag heeltemal te min. Maar vir lees; vir lees het sy ruimte gemaak.

0_de0b8_4e8188d2_XXXL

My drome het die stories in my boeke verder gevat. Ek sou aan die slaap raak ‘in ñ woud’, en die ganse nag daar rondkuier. Saam met die karaktertjies. Biblioteek-periode was die hoogtepunt van my skooldae. As almal my net kon uitlos, van my vergeet sodat ek tussen die rakke kan bly sit.

tumblr_nfm68vQzaL1qlhxg5o1_500

In my hoërskool dae, met pa wat einde standerd ses dood is, het lees my ontvlugting geword. En gebly. Ons het by ñ boekklub aangesluit, en die vier boeke per maand in die pos was my alles. Boeta het altyd spesiale aandag nodig gehad, en kleinboet was klein. Tog. Die alleenheid was nooit alleen nie. En die dag wat daar nie iets was om te verslind nie, het ek my eie stories geskryf. Niggie was my ywerige luisteraar, my grootste aanhanger. So het ons twee mekaar deur die moeilike tienerjare gekry. Deur ons eie wêreld te skep.

e14dbbf8c4a2054c6a6f257fb62069a6

Vandag is ek glad nie hierdie hoogs intelligente persoon wat net opvoedkundige boeke lees nie. Nee. Ook net soms geestelike boeke. Het jy ñ goeie storie om te vertel, vang jy my in ñ wip. Afrikaans of Engels. Selfs Nederlands. Solank dit goed geskryf is, en verkieslike oor ander wêrelddele ook strek.

As ek daardie eerste bladsy oopmaak, kom kleintyd se manier na vore. Ek verdwaal tussen die woorde, die mense, die plekke.

En kom net af en toe boontoe om asem te skep.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “Voorwoord.”

  1. Oeee . . . kyk, die lesery van Una !! Laat ek nou effe “back-track” en jul oor my wedervaringe van haar gelesery inlig : Ons 2 kom mos van st6 af saam – da van Delmas af. En ons ouers was SAAM op Bethal op skool ! En hulle was al Volkspele maats en gemendge tennis kampioenskaps maats. Dus hou ons 2 families al van st6 af SAAM vakansie ! Buffelspoort en Amanzimtoti se Stella Maris woonstelle . . . Waar gewone jonges wat saam op vakansie was, gevry het, het Una net eenvoudig GELEES . . . So, ek het n renons in lees . . . Tot so erge mate dat ek tot vandag toe nie eens my engelse voorgesrewe boek gelees het nie ! My groentjie, en die se Ma, moes . . . (Dog ma net ek gee jul n ander “blik” op my oulike vrou se GELESERY !)

    Liked by 1 person

  2. Menz is ‘n Obsessive Compulsive leser. Alles. Elke woord wat die oog vang word gelees. Partykeer oor en oor dieselfde woord. Menz het net nie genoeg tyd om al die boeke te lees wat menz wil lees nie, daarom luister menz audiobooks in die traffic. So haal menz darem in.

    Liked by 2 people

  3. Ek is ook ‘n knaende leser en jou man klink nes myne (hy ly aan disleksie en kyk liefs ‘n fliek). Ek altyd rond met my kindle of met die ipod se oorfone aan en hy kan homself lam praat, ek hoor niks. Hy het al geleer om eers sy hand voor my gesig rond te swaai en seker te maak dat hy my aandag het voordat hy my ‘n storie vertel. Man, ek het al hieroor geblog ook, so ek sal nie verder van hom skinder nie 😀

    Liked by 1 person

  4. Ek is wel bietjie spyt dat ek op skool altyd agter in die klas gaan sit het en ‘n storie boek binne in die skoolboek weggesteek het, en so my skooldae omgelees het. Dalk het ek beter gevaar met rekeningkunde as ek nie so stout was nie

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s