Geborge; geborgenheid:

Om veilig te voel. Om veilig te wees.

20170531_182935

Hoe kweek ons gesonde volwassenes as hulle as kind nie onbeperkte liefde ervaar het nie? Daardie onmeetbare liefde wat net ñ ouer kan gee.

Die noodsaaklike wete dat ek mamma en pappa se alles is, lê die hoeksteen vir emosionele groei. Vanuit hierdie wonderlike plek kan ek my eie menswees vind. Kan ek volwasse raak in my onafhanklikheid. In my wete dat ek ñ kosbare mens is. Vir iemand.

20170531_183934

Ek neem die klomp kinders en kleinkinders nou die aand waar. Daar is ñ natuurlike “inzoom” op mekaar. ñ Spontane omgee vir mekaar. Elkeen van die ses kleinkinders voel soos die spil waarom alles draai.

Dit is reg so, dit is nodig.

Geleidelik sal die groei plaasvind, sal onselfsugtigheid aangeleer word. Maar eers is daar ñ fondasie nodig. ñ Wete. Ek is onmisbaar.

Dié van ons wat dit nie gehad het nie, wat nog nooit soos iemand se alles gevoel het nie. Waar bly soek ons ñ wegspringplek? Hoe vind ons ñ begin sodat ons eendag by ñ einde kan uitkom?

Vir my bly van die grootste oorwinnaars in die lewe nie dié wat fisiese gebreke oorwin het nie, maar diegene wat ten spyte van die mees disfunksionele opvoeding, in een stuk anderkant uitkom. Wat in hul ‘loop’, hulp gaan soek het.

Wat in hul gebrek, almoese aanvaar het. Wat deursettings vermoë van iewers af opgediep het, gevat het wat hulle kon kry, en ñ visie begin leef het.

(foto:Google Images) 5e28fbeb0be1e41da3b70c1e9ac016ae

As jy die ou is wat moes grootword sonder ‘die plek van geborgenheid’; as jou fondasie net dryfsand was, en jy stap steeds die pad.

Wil ek graag langs jou gaan sit, plat op die grond, vir ñ wyle.

Net daar.

Daar waar jy die beste doen met wat jy het.

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “Geborge; geborgenheid:”

  1. Dis die beste plek om te wees. Deur saam te sit , plat op die grond. Ek sit laatnag en bietjie blogs lees, hoop nie ek pla jou nie. Hoop jou foon of rekenaar is af. Soms is ons so besig, ek soek ook soms net tyd om plat op die grond by iemand te sit.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s