Bang om dood te gaan…?

IMG_5227

Nee, ek dink nie so nie… Nee, ek is nie.

Terwyl die kinders in die huis was, kon ek hierdie sin glad nie sê nie. Wou dit nie gevra word nie, want sê nou net die duiwel hoor!

Die gedagte dat ek die dogters alleen moes los was vir my werklik ñ nagmerrie. Daar was geen plan wat ek vir myself in my kop kon uitwerk, wat my enigsins gerus kon stel nie.

Ek kon eenvoudig nie doodgaan nie.

As die Here my net sou spaar tot hulle drie op hul voete was. Tot hulle nie meer so geheel en al emosioneel afhanklik van my is nie.

Een van die openbarings wat ek gekry het, was dat hulle so jonk as moontlik ñ baie sterk verhouding met God moet hê. Dit was al wat ek geweet het sal help. As Hy net my plek in hul lewens kon inneem, kon Hy my kom haal.

Dalk vir die verkeerde rede…maar dalk tog nie. Ander ouers het dalk oor baie meer sinvolle redes hul kinders by God uitgebring. Hierdie was myne.

As ñ geskeide ma het ek ander probleme voorsien. Geweet die kinders sou na hul eie pa toe moes gaan, weg uit hul bekende omgewing uit. Bertus sou niks kon doen nie.

En al was hul eie pa goed vir hulle, ek het geweet. Dit sou net ñ sterk afhanklikheid van God kon wees wat hulle anderkant sou uitbring.

Die PLAN is in werking gestel, hierdie plan tussen my en God. Bertus het voortou geneem, en ons het voluit vir ons Here begin leef. “In hindsight” besef ek ons kon die kinders dalk teen die kerk laat draai het met ons totale toewyding. Maar ons het nie, deur God se genade! Ons was erg. Ons reëls streng.

Op ñ dag, toe ek vir die soveelste keer die vliegtuig bestyg vir die elle lange vlug Indonesië toe, was dit anders. Die ‘koorsigheid’ was weg. My hart het saam geglimlag, want dit was ons geheim. Hierdie wete.

Dat as die vliegtuig sou val, as dit my tyd was, was ek só gereed. Met Indonesië se hoë getal binnelandse vliegongelukke, was die vrees altyd iewers in my agterkop.

Nie hierdie keer nie. Ek kon by die venster uittuur en my in die wolke massa verlustig. As ons val, as…as…as.

Dan is ek ok. Want as ons val, val ek reg in my Vader se uitgestrekte hand in. Nie dalk nie. Defnitief. Daar sal geen ander uitweg wees nie, nie duisende kilometers bo die see nie. As ons val, kan ek my oë toeknyp en weet.

Hy het my.

En Bertus en die meisies sal weer regkom. Want Hy het hulle ook.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

23 thoughts on “Bang om dood te gaan…?”

  1. Ag so mooi geskryf Una ❤

    Iets heeltemal anders oor die dood – ek is nie bang om dood te gaan nie, maar ek is wel bang vir die manier waarop ek doodgaan (en hier praat ek nie van my kinders en man ens wat ek agterlaat nie. dis net oor die fisiese deel van doodgaan)

    Liked by 1 person

    1. Oor die ‘hoe’ is ons seker maar almal bang. Tog, in ń mate het ek selfs daarin berusting gevind die dag toe die groot selfopgelegde las van my skouers af geval het.xx Hoop jy het ń heerlike aand by die kunsklas. Gaan ontspan lekker.

      Liked by 1 person

    2. Ek begin lees wat jy geskryf het, en kyk, is dit nie my eie woorde nie? Ek was ook altyd bang, amper angstig oor die HOE daarvan. Daardie ongeluk of wat ook al. Die Here het vir my rustigheid daaroor gebring.

      Liked by 2 people

  2. Ek love dit, ek het gisteraand weer aan my verganklikheid gedink, en ja, ek is maar bang, bang vir ly met mense om my bed wat dit meemaak en magteloos is om my te help. Ek is die een dag glad nie bang nie en die volgende doodbang, so see-saw ek met die gedagte. Ek is baiekeer bang dat GOD nie is nie – ander kere weet ek verseker “Hy is” – waar ek heengaan is na die Here van die hemel en die aarde want ek glo aan die kruis en die redding van my na die kruis – maar ja, ek kan nou lekker lieg en sê ek is nie bang nie – maar hier in hierdie sfeer verkies ek net die waarheid ❤❤❤ maar ek weet God sal daar wees in daai oomblik want my gesonde verstand sê vir my GOD is… al wonder ek net soms, rerig net soms, en gewoonlik omdat ek nie verstaan waarom mense kan doen wat hulle doen en dan boonop lyk asof hulle daarmee wegkom.

    Liked by 1 person

  3. Ek onthou ook die tyd wat my kinders kinders was. En hulle pa se 2de vrou sou hulle waarskynlik reguit van my begrafnis na die kinderhuis gevat het. Ek kon nie eers DINK aan doodgaan nie.

    Like

  4. Liefste Vriendin, ek is ook nie bang om dood te gaan nie…op 55 voel ek dat ek gereed is, maar my kids is nog jonk: 21 en 18…hulle het hul Mama nog nodig…ek sal enige tyd gaan, maar ek wil sonder pyn, saggies heen gaan…en ek weet reeds my eindbestemming…ek sê vir my ma en pa nou die dag dat ek nooit op Aarde gehoort het nie…ek verstaan nie my doel nie, die hemele is my tuiste. Van kleins af smag ek om daarheen te gaan…maar ek weet, eendag sal Jesus my hand neem en saggies sal ons huis toe stap…

    Liked by 1 person

  5. “When you die, the first thing you lose is your life. The next thing is your illusions.”
    ― Terry Pratchett, Pyramids

    Die dood is nie finaal nie, so dis niks om voor bang te wees nie. Dis die lewe wat scary is.

    Liked by 1 person

  6. Sorry, ek is bang, seker oor ek weet ek moet nog klomp goed doen, regmaak, uit-figure…. en ek like dit hier. Maar dis beautiful geskryf ousus en mense voel jou rustigheid.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s