As ek ñ keuse kon hê…

wp-1498226673687.jpg

Dit is vandag ñ stil Vrydag hier by die winkel. Te stil. In die agtergrond word ge-oefen vir die kinderopvoering wat tydens die skoolvakansie aangebied word.

Ietwat uit my diepte op die oomblik, so sonder rede. Toe besluit ek om die meubels bietjie rond te skuif, ñ nuwe prentjie te skep.

Dis gedoen, en als lyk goed. Kom sit op my stoel in die hoekie met ñ koppie tee, en sien die esel in sy nuwe spasie raak. Staan eers op om ñ skildery uit te soek wat bo-op pas; kom weer sit.

d40ec84f2fe4b9afb61c5e53cd065a77

Nou dink ek so… As daar ñ keuse was, as ek kon kies om binne-in ñ nuwe werklikheid in te stap, en weer kon ‘uitklim’, waarheen sou ek wou gaan?

Onbeperkte keuse.

Die prentjie op hierdie esel lyk ewe skielik vir my baie aanloklik. “Imagine that!” As ek daagliks hier kon instap, ñ skildery op Google Images uitkies, op my ‘tower esel’ sit, en vir ñ paar uur mag wegraak. Die moontlikhede! Die verskillende tydsreise wat ek kan onderneem!

Nie die Middeleeue nie. Nee. Ek sal wel vir ñ rukkie by ñ Voortrekker gesin wou koffie drink. ñ Indiaan gesin wou gade slaan, sonder dat hulle van my weet. Die oorloë sal ek vermy, maar dalk op ñ skip op soek na nuwe wêrelddele. ñ Portugese skip.

Wat van die Titanic! Die eerste paar ure, nie te lank nie.

And_The_Band_Played_On.5462939_large

Soveel keuses. Sê nou maar. Ag. Sê nou maar…

Maar mens weet nooit. As ek lank genoeg kyk; as ek konsentreer, diep asem haal en die tree neem?

-font-b-ships-b-font-fantasy-font-b-art-b-font-artwork-medieval-royal-war

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “As ek ñ keuse kon hê…”

    1. Soms lekker om van die werklikheid te ontvlug, Danie. Huidiglik het ek dit nodig. Daar is soveel sleg en hartseer wat in die lewe gebeur, waaraan ek niks kan doen nie. So, om ń toor esel te kan hê en net in ń ander plek te verdwyn, vir ń wyle…selfs op die Titanic.

      Like

  1. Jy praat nou iets wat my skoondogter my vertel het iemand gesê het gaan in die hemel gebeur. Ek sluk swaar daaraan…. maar terwyl ons hier op die aarde is sal ek glad nie omgee vir so ‘n toweresel nie. Ek doen legkaarte oor die 19de eeu en wens partykeer so ek kon net daar wees en alles aanskou.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s