Om nie woorde te wil sê nie.

As ‘jok’ ñ sonde is, is eerlikheid altyd reg? Die waarheid? Selfs jou waarheid?

Vandag gaan ek ñ stukkie van mý waarheid neerskryf, en sit en wag om te kyk of dit sonde is.

Ek wil nie hoef te praat nie. Gesels ja, enige tyd.

Maar nie berading nie.

Daar. Dit is uit.

Ek sit nou en kyk na hierdie woorde, en wonder of ek moet “back space”, of ek moet uitwis. Is dit veiliger op papier? Lyk dit minder verkeerd as wat dit klink?

My woorde is nie op nie, ook nie weg nie. Ek twyfel in niks; ek ken die Gawes van die Gees. Ek vloei in die Gawes van die Gees. Ek hoor God se stem. Ek ken Sy hart. Hy het myne, ten volle.

Ek sal langs jou sit. Ek sal langs jou kniel. Jou hand vashou, jou ophelp.

Ek sal na jou woorde luister, so lank as wat jy wil.

Maar ek wil nie meer geluide maak nie. Ek wil nie kurses inhoud herroep sodat ek dit vir jou moet sê nie. Ek wil nie vir jou die stappe opnoem, of selfs versies opsê nie.

Ek wil nie meer my eie stem hoor nie.

My gedagtes neerskryf, ja. Dit oorlees en verander, ja. Dit teen die Woord van God gaan toets, ja. My ‘dink’ vat en vir God gee, en glo dat Hy my sal lei. Ja.

My praat het minder geword. My reageer op ander, selfs met ons kinders, het anders geword. Die woorde kom lê binne my, en dit bly. Lê.

Lank.

Soms los dit op. Meestal halveer dit, en raak sag.

Daarom dat ek dink. Nie sê nie. Dink.

Ek wil nie meer berading doen nie. 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “Om nie woorde te wil sê nie.”

  1. “The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths. These persons have an appreciation, a sensitivity, and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern. Beautiful people do not just happen.”

    ~ Elisabeth Kübler-Ross

    Liked by 1 person

  2. En daar is ek en jy ALWEER op dieselfde bladsy… ek het tot die slotsom gekom so paar maande vroeër, net voor die afsterwe van my skoonmoeder. Dit is bevrydend en dit is beter om die woorde te hersien, te versag en dan ook nie altyd uiting daaraan te gee behalwe aan ons Vader in die hemel waar niks of niemand te na gekom kan voel nie. Ek wil ook nie beraad nie, want op die beste van tye mog daai “beraad” ding jou net in die hakskeen kom hap, en dit is juis oor dit wat ek nie meer kragte oorhet vir dinge wat rerig saakmaak nie. 😚

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s